Die vertraagdes van Facebook

Deur Lien du Preez

In een of ander oerwoud in Afrika, is ‘n massa-moordenaar by name Kony verpletter… want ‘n paar miljoen mense op Facebook het hom onbevriend.

Lekker diep asemhaal en ontspan! Miljoene goeie mense wat nog nooit gehoor het van Joseph Kony nie kan met hul dagtaak voortgaan, nadat hulle hul goedheid gedemonstreer het deur te kliek op die knoppie op YouTube geadverteer.

Sjoe, en ek het altyd gedink regerings kan net weggeskree word deur Iere met rooi sonbrille, miljarde dollar en formidabele reëlingskomitees.

Nee wat, geen inspanning is nodig nie. Net goedheid. Of is dit nou vertraagdheid?

Hier is die nuwe simbool van ons nuwe gerieflike moralisering: Kony 2012, ‘n video wat deur 60 miljoen mense in net een week gekyk is.

Ja, ek weet daar was regtig aaklige foto’s van verminkte kinders vertoon op die video, maar dis die VSA se State Department wat dit beskikbaar gestel het.

Dis seker hoekom hulle foto’s van plaasmoorde in Suid-Afrika van Google en Facebook afhaal, maar Kony se gruweldade ruim adverteer.

Hierdie gladde 30-minute rolprent van Invisible Children vertel wat ‘n nare monster Kony is, en wat moet omtrent hom gedoen word.

Hoe gaan Kony gestop word, terloops?

Wel, verduidelik Jason Russell, die stigter van IC, in Oktober verlede jaar, het die VSA reeds ‘n 100 Amerikaanse adviseurs na Oeganda se weermag gestuur om te help om Kony te vang.

En Facebookers kan dit laat gebeur as Kony se naam oral bekend is.

Die VSA-weermag se virtuele vriende gee een kliek en Kony is weg. Die wêreld is weer heel. En hulle het nie eens die huis verlaat nie. Maklik.

In teenstelling met die indruk wat die film gee, is daar mediaberigte wat die hele oefening ongelukkig weerspreek. Kennelik meen IC dat die goeie kliekkers nie graag lees nie.

Kony is reeds ses jaar gelede uit Oeganda gejaag – waarskynlik na die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Die meeste van die 30 000 kinders in sy weermag waarvan die video praat het eintlik oor byna 30 jaar geneem is nie meer met hom nie.

“Daar is nie ‘n enkele siel meer van die LRA hier sedert 2006 nie,” sê dr. Beatrice Mpora, direkteur van Gulu Kairos gesondheidorganisasie in Oeganda. Die LRA was Kony se groep.

“Nou het ons vrede, die mense is terug in hul huise.” Oeps!

En ons het nou Facebookers wat Kony onbevriend, en wat dink hulle het ‘n moordenaar in sy hok. O ja, en moenie vergeet om die armbandjie te koop nie. Want Russell en IC het geld nodig om Kony te vang en die arme kindertjies te red.

Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek wil help. ‘n Volksmoord is ‘n lelike ding. Kyk maar vir Rwanda. En die wit boere in Suid-Afrika.

Ag, ekskuus. Ek het vergeet hulle is wit. Wit Amerikaners wil swartes red, asseblief tog nie wittes nie.

Lewer kommentaar