Lekker in die Army

Liewe Ma en Pa,

Dit gaan goed met my en met julle?

Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees baie
lekkerder is as om vir Oom Piet te werk. Hulle moet sommer gou kom
aansluit voordat al die plekke gevul word.

Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper
06:00, maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap. Sê vir Wouter
en Koos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en
glad te maak en goed blink te vryf. Nikse gevarke voer, koeie melk,
mampoer meng of braaihout kappery nie. Jy doen amper niks! Manne moet
nog skeer, maar dis nie so erg nie, want daars warm water.

Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en bacon, maar minder sterk
op steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek. Maar sê
vir hulle jy kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net van koffie
leef, gaan sit. Hulle kos plus joune hou mens darem vol tot twaalfuur
toe wanneer jy weer gevoer word.

Hierdie dorpsjapies kan nie juis ver stap nie. Ons gaan op roetemarse,
wat ons sal taai maak, sê die Sersant. As hy so dink is dit mos nie my
plek om hom reg te help nie. ‘n Roetemars is omtrent so vêr soos tot
by ons posbus by die huis. Dan kry die dorpsjapies seer voete en ons
almal ry dan terug in lorries. Die veld is mooi, maar baie plat.

Julle gaan julle morsdood lag as julle hiervan hoor. Ek bly medaljes
kry vir skiet. Ek weet nie hoekom nie. Die bulls-eye is net so groot
soos ‘n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie. En dit skiet nie
eers terug soos daai bliks% #‎se Venters van die buurplaas nie. Al wat
jy moet doen is om doodstil te lê en dit raak te skiet. Jy hoef nie
eers jou eie ammunisie te maak nie, dit kom in bokse.

Dan is daar wat hulle noem “hand-to-hand combat training”. Jy stoei
met die dorpsjapies van die stad af. Ek moet versigtig wees, want
hulle kry maklik seer. Dis nie soos om met ons ou bul, Swart Duiwel,
by die huis te stoei nie.

Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peleton het, behalwe vir
Groot Jan Jordaan van die Bosveld. Hy het saam met my aangesluit. Maar
ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70kg en hy is 6 voet 8 en weeg maklik
150kg, droë gewig.

Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander ouens
uitvind van die ongelooflike Army setup en aangestorm kom!

Julle liefdevolle dogter,
Ester

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s