Bloedrivier

Die dromme slaan, die nag is onheilspelend, gaan die kruit droog genoeg wees….? dit is mistig en koud, die aand 15 Desember 1838

Die Gelofte word die laaste keer weer afgele.

Mijne broeders en medegenoten,

Hier staan wij tans op een ogenblik voor een heilige God van hemel en aarde om een belofte aan Hem te beloven, als Hij Zijn bescherming met ons zal wezen, en ons vijand in onze handen sal geven, dat wij hem oorwinnen, dat wij die dag
en datum elke jaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal doorbrengen en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten sal, waar het Hem sou behagen en dat wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook
voor onze opkomende geslachten, want de eer van Zijn Naam zal daardoor verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven. Amen.

Die aand word afgesluit met die sing van Psalm 134

Spookagtig staan die laer afge-ets en die spookagtige gesing van die Boere maak die Zoeloes meer op hulle senuwees. Die ou krygers wou niks met die gedoente te doen gehad het nie maar die jonges wil hulle lemme in Boere bloed doop.

16 Desember breek aan. Tussen 15 000 en 25 000 Zoeloes sit op hulle skilde… Hulle bloeddorstige geskree en slaan van oorlogsdromme is angswekkend….468 manne staan gebukkend binne die laer.

Elkeen het 2 of 3 Sannas (voorlaaiers).

Die Zoeloe weermag wat nog NOOIT verslaan is nie, is selfvoldaan en weet hulle dat hul hierdie Godvresense laer gaan oorrompel binne minute.

Die swart en rooi skilde onder Dambuze (vreeslose leier van Dingaan) val eerste aan. Dit is die jong bloeddorstiges met hulle kort steek assegaaie. Hulle vorder tot op 40 tree vanaf die laer waarop Hoof Kommendant Andries Pretorius die eerste skoot skiet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s