Ons vir jou Suid Afrika

ONS LAND SUID-AFRIKA

Uit die blou van onse hemel
Storm daar vandag ‘n bloed-reën neer
Koringlande waaruit rook nog draai
Lug wat ruik na seer.

Bloeddorstige grond; sorgvuldig gesaai
Met trane geweld en vrees
Die saaier se hart:
‘n Hart van swart, begin homself verteer

Arm word net armer,
Die rykes vlug oor die see
Weggedraai van God-verlate vlaktes
Waar net kraaie antwoord gee.

Boere uitgemoor, kinders en vrouens platgevee
“All is fair in political love and war”
So sing die ANC.

Maar president, ou vrind
Die skrif sit aan die muur.
Jy sal moet staan;
Voor see en krans
Wat weergalm van moord en vuur.

Met jou asem het jy die vlamme aangehits
Tussen wit en swart en bruin.
Koue winde huil om die hoeke van jou siel,
Verwoerd se foute weerkaats in jou spieël
Terwyl jy toekyk hoe jou Oupa Madiba se baba verkluim.

Oom Siener lê geduldig, vergete in die grond
Omgedraai in sy graf.
Ja president, ou vrind
Hy lê en lag
Hy lê en wag.

Elani Venter © 2012

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s