Wanneer mag jy skiet?

In die lig van die dreigende opstande, die volgende skrywe:

 

Dis ‘n bekende feit dat die opstande in November deur Cosatu georkestreer was en dit sal bes moontlik ook die geval wees met die beplande optrede wat more gaan begin. Erinreich maak geen geheim daarvan dat hulle hoop hierdie opstande nie net in die Wes-Kaap sal plaasvind nie, maar landwyd sal uitbrei…

 

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Staking-gaan-landwyd-uitbrei-20121202

 

Ek dink dit is belangrik dat almal hulself vergewis van hul regte in die verband. JY MAG JOUSELF BESKERM.

 

Advokaat A.J. Murphy het ‘n regsopinie hieroor geskryf wat ons regte deeglik omvat! As jy voel dat hierdie staking vir jou enige bedreiging inhou, maak seker jy is vertroud met die inhou van die skrywe! 

 

I/S Boereregte om eiendom te beskerm

 

Ek het verlede week in my brief aan u, die boere se regte rondom die beskerming van hulle eiendom probeer toelig. Ek het ook genoem dat ek bereid is om ‘n meer volledige opinie rondom hierdie kwessie te gee, omdat dit ook ‘n saak is wat my na aan die hart lê. My skrywe het op een af ander wyse onder die aandag van verskeie mense in die land gekom en reeds wye reaksie uitgelok; almal wil graag meer weet. 

Ek brei gevolglik ‘n bietjie meer uit in hierdie skrywe oor die boere of enige eienaar van vaste eiendom of roerende bates se regte om dit teen vernietiging of skade te beskerm, in die geval van kwaadwillige beskadiging of vernietiging van daardie bates. 

 

Die de Doorns voorvalle van vernietiging van boere se eiendom asook ander areas in die Wes Kaap is vars in ons geheues en ek beskik oor inligting dat daar dreigemente is van verdere vernietiging en onregmatige optredes van sogenaamde werkers op of ongeveer 4 Desember 2012. 

 

In die lig hiervan vestig ek boere se aandag op die feit dat die boere geregtig is om staat te maak op die positiewe optrede van die SA Polisiediens om hulle teen die onregmatige en boefagtige optrede van stakende werkers te beskerm. 

 

Art 5 van die Polisiewet, 7 van 1958 bepaal “Werksaamhede van die Suid Afrikaanse Polisie is, onder meer- November 26, 2012 

 

(a) die bewaring van die binnelandse veiligheid van die Republiek; 

(b) die handhawing van wet en order; 

(c) die ondersoek van enige misdryf of beweerde misdryf; en 

(d) die voorkoming van misdaad.” 

 

Die insiggewende aspek rondom hierdie bepalings is die rol wat die Polisie behoort te speel rondom die voorkoming van misdaad. Die Polisie mag nie bloot toekyk hoe misdaad gepleeg word en veral hoe „n lid van die publiek aangerand word of sy eiendom beskadig of vernietig word, sonder om dit tot die beste van hulle vermoë te probeer verhoed nie. As die Polisie toekyk en niks doen nie, of as hulle versuim om „n boer te hulp te kom wat aangeval word, het die benadeelde persoon na my mening ‘n skadevergoeding eis teen die Minister in beheer van die Polisie. 

 

In nog ‘n belangrike uitspraak deur Hoofregter Rumpff in Minister van Polisie v Ewels 1975(3) SA 590 (AA) het die volbank van die Appélhof op bladsy 597A-B bevind dat;

 

“Dit skyn of dié stadium van ontwikkeling bereik is waarin ‘n late as onregmatige gedrag beskou word ook wanneer die omstandighede van die geval van so ‘n aard is dat die late nie alleen morele verontwaardiging ontlok nie maar ook dat die regsoortuiging van die gemeenskap verlang dat die late as onregmatig beskou behoort te word en dat die gelede skade vergoed behoort te word deur die persoon wat nagelaat het om daadwerklik op te tree.” 

 

In hierdie saak het verskeie Polisielede gestaan en toekyk hoe ‘n ander Polisieman wat van diens af was, ‘n lid van die publiek aangerand het binne ‘n polisiestasie. Die Hof het op bl 597H bevind dat “wanneer al die omstandighede in aanmerking geneem word, meen ek dat die plig wat op die polisiemanne gerus het om die eiser te hulp te kom ‘n regsplig was en dat, omdat dit ‘n versuim was wat plaasgevind het in die loop van die diens van die polisiemanne, die verweerder (die Minister) aanspreeklik is.” 

 

Ek is van mening dat die Polisie ‘n regsplig het om die vernietiging en beskadiging van eiendom te voorkom en dat hulle in die uitvoering van hierdie plig ook geregtig en veronderstel is om geweld te gebruik, insluitende die dood van ‘n oortreder, mits hulle nie op ‘n ander minder ingrypende wyse die gevaar van vernietiging kan afweer nie. 

 

Die vraag ontstaan nou of daar in die lig van die afskaffing van die doodstraf in Suid Afrika in die saak S v Makwanyane en Ander 1995 (3) SA 391 (CC) en die wysiging November 26, 2012 van Art 49(2) van die Strafproseswet wat die Polisie se magte ten opsigte van die toepassing van geweld tydens arrestasies, ingeperk het en dat die Polisie nou nie meer „n voortvlugtige mag skiet behalwe onder sekere beperkte gevalle; dit die Polisie of die eienaar van waardevolle eiendom se regte om iemand dood te skiet ook ingeperk het?

 

Ek is van mening dat daar tussen die skiet van ‘n persoon wat besig is om op ‘n eienaar se eiendom af te storm met die brandende fakkel soos genoem in die van Wyk saak wat verlede week bespreek is en die skiet van ‘n persoon wat besig is om te ontvlug, onderskei moet word. Om iemand te skiet om te keer dat jou waardevolle eiendom vernietig word kan myns insiens nie vergelyk word met die toedeel van straf na die tyd nie of om iemand in die rug te skiet wat vlug nie. 

 

Soos verlede week gesê is ek van mening dat die skiet van ‘n persoon wat dreigend op jou eiendom afstorm om dit te vernietig regmatig is, behalwe natuurlik as jy so groot soos Kallie Knoetze is of so vinnig soos Hoesein Bolt en jy die ou kan inhardloop en met jou vuiste of n knuppel buite aksie kan stel. 

 

Ek is verder van mening dat as ‘n polisieman teenwoordig is en hy die aanvaller buite aksie kan stel deur hom of te arresteer of as dit nie anders kan nie, om hom te skiet om hom te verhoed om ‘n persoon aan te val of om sy eiendom te beskadig of te vernietig, en die polisieman nalaat om dit te doen, daardie polisieman hom skuldig maak aan onregmatige late van ‘n regsplig en dat die persoon wat deur daardie late van die polisieman skade lei; ‘n skadevergoedingeis teen die minister van Polisie het. 

 

Dit is inderdaad so dat beide die van Wyk, asook die Ewels sake in die Appélhof gehoor was voor die huidige Grondwet in werking getree het, maar ek is van mening dat daar niks in die Grondwet bepaal word of nadat ek die uitspraak in bogenoemde saak van die Grondwetlike Hof deuglik bestudeer het, wat daarop neerkom dat ‘n mens nie meer jou eiendom mag beskerm deur iemand te dood as dit die enigste wyse is waarop jy daarin gaan slaag om die vernietiging of beskadiging te keer nie. 

 

Ek wil dadelik byvoeg dat dit vanselfsprekend is dat jy nou nie tot so ‘n stap moet oorgaan om jou ouma se antieke kombuiskas te beskerm nie, behalwe as jy vir my kan sê dit is die laaste een van sy soort op die aarde en dit kos honderde duisende. Soos met alle dinge in die lewe is daar ‘n balans om te handhaaf; is dit wat jy wil beskerm onvervangbaar, baie duur, soos jou grasdakhuis of jou pragtige wingerde wat teen ongeveer R300 000.00 per hektaar gevestig moet word; praat nie eers van die verlies aan inkomste nie.

 

Soos met alle sake hang alles altyd af van die feite rondom elke saak en moet elke saak rondom sy eie omstandighede beoordeel word. 

As dit nie meer ons reg is dat iemand in die proses van ‘n aanval op jou waardevolle eiendom doodgeskiet of net geskiet mag word nie, as daar nie ‘n minder ingrypende alternatief beskikbaar is nie; dan sou ek bankrowers en ander rowers aanraai om ‘n paar groot en sterk ouens uit Nigerië in te voer en hulle onbewapen in die bank in te stuur om al die geld te gaan haal. As hulle ongewapen is, is hulle mos nie ‘n bedreiging vir ander mense se lewens nie en mag die Polisie hulle sekerlik nie skiet nie. Die Polisie sal dan van al die vet anties en ooms wat hulle indiens geneem het moet ontslae raak en ook groot ouens aanstel om die nuwe soort rooftogte te bekamp. 

 

Ek glo dat in die lig van die onsekerheid wat rondom hierdie hele kwessie hang ‘n gestelde saak na die Grondwetlike Hof geneem behoort te word deur groot organisasies soos Agri SA of die organisasies wat eiendoms eienaars verteenwoordig; sodat daardie Hof vir eens en vir altyd die onsekerheid uit die weg kan ruim. 

 

Intussen is my raad aan dat boere om so ver moontlik die optrede van betogers en brandstigters op video probeer vaslê veral daar waar die polisie teenwoordig is en veronderstel is om op te tree. 

 

Daar waar die polisie nie teenwoordig is nie, raai ek boere en eienaars aan om gesonde verstand aan die dag te lê en as dit blyk dat die onregmatige optrede tot groot skade gaan lei soos byvoorbeeld die afbrand van die du Toit groep van Ceres se vrugtekratte ter waarde van miljoene of as dit jou finansieel gaan riuneer as die brandstigting of verwoesting voortgaan; dan sal ek persoonlik my vertroue in die huidige geldende gemene reg plaas wat onbetwistelik daarop dui dat jy mag skiet. 

 

Ek dink dit is egter nodig dat mens al die faktore versigtig opweeg voordat jy die sneller trek. Ek gaan hier kortliks probeer in leke taal om te verduidelik wat na my mening die omstandighede is waar onder n eienaar mag skiet of nie mag skiet nie. 

 

 

Allerbelangrikste is die feit dat daar „n wesentlike en dreigende gevaar teenwoordig moet wees op die oomblik wat die skoot gevuur word; maw die brandende fakkel moet in die besetende se hand wees en hy moet oppad na jou eiendom wees om dit af te brand. 

As die eiendom reeds aan die brand is wanneer jy daar aankom mag jy nie skiet nie behalwe as dit blyk dat die besetene van plan is of nog meer skade aan te rig en dat hy dreigend na sy volgende teiken beweeg. 

Die skiet van ‘n persoon moet alleen voorkomend wees en nie in vergelding nie. In die Moller saak is jare terug al bevind dat die buurman se honde wat reeds klaar skade aangerig het, nie agterna op die buurman se plaas doodgeskiet mag word nie; die skieter is skuldig bevind aan saakbeskadiging.

Skiet alleen as daar geen ander uitweg is om te verhoed dat jy skade gaan lei nie. 

Onthou te alle tye dat die reg tot lewe deur ons Grondwet as ‘n belangrike gondwetlike reg van alle mense beskou word; ook die ou met die brandende fakkel. As jy egter na dese saam met hom in die plakkerskamp gaan beland omdat jou eiendom verwoes is, dink ek jou regte om jouself en jou eiendom te beskerm moet swaarder weeg as die boef se regte om jou goed te vernietig. 

 

Ek sluit af met ‘n aanhaling uit die uitspraak van die Grondwetlike Hof in die Makwanyane saak waar die President van daardie Hof Chaskalson P op bladsy 448H-449A-C die volgende in Engels gesê het:

 

“Self-defence is recognised by all legal systems. Where a choice has to be made between the lives of two or more people, the life of the innocent is given preference over the life of the aggressor. This is consistent with sec 33(1). To deny the innocent person the right to act in self-defence would deny to that individual his or her right to life. The same is true where lethal force is used against a hostage taker who threatens the life of the hostage. It is permissible to kill the hostage taker to save the life of the innocent hostage. But only if the hostage is in real danger. The law solves problems such as these through the doctrine of proportionality, balancing the rights of the aggressor against the rights of the victim, and favouring the life or lives of innocents over the lives of the guilty. But there are strict limits to the taking of life, even in the circumstances that have been described, and the law insists upon these limits being adhered to. In any event, there are material respects in which the killing in self-defence or necessity differs from the execution of a criminal by the State. Self-defence takes place at the time of the threat to the victim’s life, at the moment of the emergency which gave rise to the necessity and , traditionally, under circumstances in which no less severe alternative is readily available to the potential victim. Killing by the State takes place long after the crime was committed, at a time when there is no emergency and under circumstances which permit the careful consideration of alternative punishment.” 

 

Ek raai laastens boere en eiendoms eienaars aan om gerus hierdie belangrike saak met hulle eie prokureurs en advokate te gaan bespreek en om ook die hoogleraars by ons Universiteite te nader om hulle mening uit te spreek. Ek vertrou dat my kort opinie daarin sal slaag om debat oor hierdie aangeleentheid aan die gang te sit en dat die Grondwetlike Hof uiteindelik vir ons duidelike riglyne kan gee; tot dan volg ekself Regter Rumpff en die volbank van die Appélhof se bestaande uitspraak in hierdie verband. 

 

Dit wil vir my in elk geval voorkom of die geleerde skrywers van die invloedryke Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses, Sewende Uitgawe, 2010 met my saamstem waar hulle op bl 698 in die derde paragraaf opmerk:

 

“Afhangende van die omstandighede is dit ook geoorloof om ‘n ander te dood of te beseer ter verdediging van goed. Die las rus hier ook op die staat om te bewys dat daar ‘n ander doeltreffende middel beskikbaar was wat die beskuldigde redelikerwys kon gebruik om sy goed te beskerm..” 

 

Hierdie gesagafdwingende skrywers verwys dan ook steeds na die van Wyk en ander beslissings waarna ek verwys het. So voordat die gewone ou verdagmakers weer op die ossewa klim om my ou stywertjie in die armbeurs af te kraak, stel ek voor dat ons almal eerder gesamentlik die regte antwoorde soek. Intussen wil boere weet wat hulle moet doen want hulle wingerde en store brand en behoort regsgeleerdes duidelik en ondubbelsinnig hulle standpunt te stel aan die hand van geldende reg en nie spekulasie nie; dit wat ek hier skryf is tans geldende reg en totdat die Grondwethof anders besluit is dit wat Suid-Afrikaners kan glo. 

 

Vriendelike Groete  

Adv. A.J. Murphy

4 thoughts on “Wanneer mag jy skiet?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s