“Afrikaners se hande is met bloed bevlek” – Prof. Dolf Britz

Petisie teen verpligte eerstejaarsmodule by Kovsies
Volgens ‘n mediaverklaring loods AfriForum Jeug Kovsies (AFJK) vandeesweek ’n petisie teen die module UFS101 wat by die Universiteit van die Vrystaat (UV) deur die rektor, prof. Jonathan Jansen, geinisieer is. In die module word aspekte rondom o.m. geloof, politiek en geskiedenis in die Suid-Afrikaanse konteks bespreek, met sekere gedeeltes van die kursus wat handel oor die bestaan van God en die skuld wat wit jongmense vir apartheid moet dra. UFS101 is ’n verpligte jaarmodule wat alle eerstejaarstudente vir graaddoeleindes moet slaag. Dit word slegs in Engels aangebied. In die module se uiteensetting word die gebruik van Afrikaans in dié kursus verbied ten einde “maatskaplike samehorigheid te bevorder”. Studente word verder ook verbied om hul werksopdragte in Afrikaans te beantwoord. Prof. Dolf Britz, wat studente as gasspreker tydens die UFS101-module toegespreek het, het ’n vergelyking getref tussen die Slag van Bloedrivier en Sharpeville en namens Afrikaners verskoning gevra vir sy geskiedenis omdat Afrikaners se hande met bloed bevlek is en hulle daarom swart mense om vergifnis moet smeek. Eerw. Sukdaven het in reaksie namens ander Suid-Afrikaners die verskoning aanvaar. Scenario’s waarin ’n swart student drie onderskeidings in matriek behaal het, teenoor ’n wit student wat agt behaal het, word ook in die kursus aan studente voorgehou, waarna die studente moet verduidelik waarom meriete nie as maatstaf vir toelating behoort te geld nie. “Die Afrikaner word as boosaardig voorgehou, terwyl ander groepe as vlekkelose helde uitgebeeld word. Studente neem verder aanstoot aan die wyse waarop Christenskap in twyfel getrek word en die manier waarop hulle gedwing word om eenvormige opinies te vorm,” aldus Anné Calitz, voorsitter van AFJK.
Vir meer inligting, kontak Calitz by

084 468 6598 of

kovsies@afriforum.co.za.

2 thoughts on ““Afrikaners se hande is met bloed bevlek” – Prof. Dolf Britz

  1. Ek kry skaam om dat ek jou van het.Ek het nie nodig om te se ek is jammer nie.Die swartman het net so gemoor en hul moor nog steeds.En hul kry en jy en ander wat agter jou staan behandel die blanke en ons taal slegter as wat die swarte behandel is,in die sogenaande apartheidsjare.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s