Oerknal was ‘n Aprilgek-grap

Vrydag, 13 Julie 2012 RSG

Die oerknal was niks meer as ‘n Aprilgek-grap nie. So sê een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde wetenskaplikes, professor Jan Boeyens wat onder meer dekaan by Wits se Fakulteit Wetenskap was en tans by Tukkies se Departement Fisika betrokke is. Boeyens is al met verskeie toekennings vereer onder meer die Alexander von Humboldt-prys vir teoretiese chemie, die Suid-Afrikaanse Akademie se Havenga-prys en die Chemiese Instituut se goue medalje. Anita Visser praat met hom oor sy omstrede alternatiewe siening.

Hier volg dele uit die RSG onderhoud:

Jan Boeyens: Die oerknal het begin in 1948 by George Gamow (Russiese fisikus). Een van sy kollegas met die naam (Ralph) Alpher was betrokke by ‘n studie van die chemiese elemente in die kosmos en die twee saam het besluit dat hulle iets hieroor moet skryf. Toe praat hulle met ‘n ander kollega, wat niks met die saak te doen het nie, met die naam Bethe, en toe skryf hulle ‘n artikel onder Alpher, Bethe en Gamow. Dit word gepubliseer in een van die mees vooraanstaande chemiese joernale in die wêreld, die Physical Review, en hulle reël dat dit gebeur op 1 April 1948. Die inhoud van die artikel het hulle geleen van Edgar Allan Poe wat in 1848 ‘n storie geskryf het onder die naam van Eureka waarin hy spekuleer oor die ontstaan van die heelal – dat dit begin het met ‘n ontploffing uit ‘n enkele punt wat al die materie van die heelal bevat het. Vandag word dit aanvaar as die standaard model vir moderne kosmologie.

Soos dit aanvanklik voorgestel is, kon dit natuurlik fisies glad nie werk nie, want as al die massa van die heelal in een punt saamgetrek word, moet daar ‘n oneindige saamtrekkings- of gravitasiekrag wees en is daarom onmoontlik vir die ding om uitmekaar te spat. Edgar Allan Poe het geweet dat dit onmoontlik was en het gesê dat dit gebeur het deur die wil van God. Alpher, Bethe en Gamow kon dít nie sê nie, omdat dit nie wetenskaplik sou wees nie. In die plek daarvan kom hulle met die idee van inflasie. Dit is kwansuis ‘n krag wat gravitasie teenwerk. Dit het hulle van Einstein geleen wat dit gebruik het om te sê dat die heelal stabiel sal wees…

Uiteindelik het die Pous in Rome ook hierdie idee goedgekeur. Van daar is dit beskou as wetenskap…

Bo en behalwe hierdie een probleem van die swaartekrag, is daar hope ander probleme wat hierdie hele sogenaamde teorie totaal en al onaanvaarbaar maak. ‘n Gedeelte hiervan is wat hulle ondersoek het in CERN [met die Large Hadron Collider (LHC)], waar daar ‘n sogenaamde finale bewys gevind is dat die oerknal wel plaasgevind het. Dit het etlike kere gebeur in die verlede dat gesê is dat die finale bewyse gevind is dat die oerknal gebeur het…

Anita Visser: En wat jy basies sê, professor, is dat dit onwaar is.

Boeyens: O natuurlik! Daar is nooit so iets soos ‘n oerknal gewees nie. Daar is geen bewyse daarvoor nie en geen rede dat daar ooit so iets moes wees nie.

Visser: Hoeveel kollegas dink soos jy?

Boeyens: Ag, ek sou sê derduisende kollegas dink soos ek. Die eerste een is Fred Hoyle wat begin het met die term “big bang”, wat hy ook as ‘n grap bedoel het. En ook John Maddox, die hoofredakteur van die tydskrif Nature wat in 1989 geskryf het “Down with the Big Bang” [Maddox is ‘n ateïs].

Visser: En wat interessant is, is dat daar ook ander mense is wat dit sterk betwyfel, maar dit nie in die openbaar sê nie.

Boeyens: Dit is baie gevaarlik vir ‘n wetenskaplike om dit te sê. Kyk, ek is afgetree – ek kan dit sê, maar mense wat nog aangewese is om hulle navorsing befonds te kry moet versigtig wees wat hulle sê. Ek dink ek moet jou net een voorbeeld noem van ‘n wêreldberoemde astrofisikus en astronoom met die naam van Halton Arp in Munchen in Duitsland. Hy was so bekend dat selfs een van die sterrestelsels na hom vernoem is en sedert hy homself uitgelaat het teen die oerknalteorie, is hy alle toegang tot alle teleskope dwars oor die wêreld ontsê.

Luister gerus na die volledige onderhoud self.

http://
http://www.rsg.co.za/potgooi.asp

One thought on “Oerknal was ‘n Aprilgek-grap

  1. Toe die oerknal idee vir die eerste keer genoem was, was al die ateïste daarteen omdat die oerknal juis bewys dat die Christene die hele tyd reg was, naamlik dat die wêreld wel ‘n begin gehad het en dus ook ‘n einde sal hê.
    Die aanvaarde teorie tot dan toe was dat die wêreld geen begin gehad het en daarom geen einde sal hê nie (ek wonder of Boeyens dit glo).
    Die ateïste het juis die spot gedruif met hierdie idee en dit die oerknal genoem omdat hulle besef het dat dit nog altyd die Christelike idee was; dat die wêreld ‘n begin gehad het en dus ook ‘n einde sal hê.
    Met die die oerknal idee het die wetenskap besef wat die Christendom nog altyd geweet het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s