Werk die reënboognasie rêrig?

Deur : Francois Cloete

Sedert 1994 is daar meer rassehaat onder etniese groepe as ooit vantevore. Geen multikulturele land werk regtig nie, want selfs Kanselier Angela Merkel van Duitsland het onder andere gesê in Oktober 2010 dat haar Duitse multikulturele omgewing gefaal het. Die gewese President van Frankryk, Nicolas Sarkozy en huidige Eerste Minister David Cameron van Brittanje het dit in Februarie 2011 beaam en nog ander lande se staatshoofde het dit erken. Almal se gevolgtrekking is dat dit tot ekstreme dade lei en haat onder mense met kultuurverskille aanwakker.

Hoekom glo Suid-Afrika se multi-volkere en -kulture dat dit gaan werk? Ons moet begin na realiteite kyk. Tale word misken, kultuurskatte word vernietig en die lys raak oneindig, omdat ‘n sekere kultuurgroep sy visie en idees vooropstel ten koste van die ander kultuurgroepe in Suid-Afrika
Die Khoisanvolk word die ergste misken deur almal . Histories is hy eerste hier gewees

Die Afrikaner het die land gebring tot ‘n ekonomiese reus in Afrika, maar sy geskiedenis, taal en kultuur word om elke hoek en draai vernietig, soos Moeletsi Mbeki en Bantu Holomisa in onlangse rubrieke in die Rapport bevestig het.

Die Kleurlinge en Indiese gemeenskappe word ook nou opsy geskuif omdat hulle nie meer onder die “African” vaandel val nie.

Selfs onder die swart volke is daar kultuurverskille, maar die media en die regering hou dit geheim. Daar is van hierdie volksgroepe wat glo hulle vind geen baat by die Nuwe Suid-Afrika nie.

Talle ander Afrika lande kan as voorbeelde dien, waar kultuur en etniese verskille tot jarelange burgeroorloë gelei het.

Maak nie saak watter volk in beheer is nie, daar sal altyd rasseonmin wees.

Volke en kultuurgemeenskappe moet nie saamgeflans word nie, want dit lei tot verdeling en haat onder mekaar, hulle moet oor hulle eie sake self regeer.

One thought on “Werk die reënboognasie rêrig?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s