Elizabeth II wuif vir ‘n verslaafde volk

Praag

Koningin Elizabeth II se diamantjubileum, wat grootliks op die langdurigheid van haar heerskappy gefokus het, was ook ‘n demonstrasie van die Gemenebes se lang tentakels. Vir diegene wat nog gewonder het waar Suid-Afrika inpas, het Mandela se gesig telkens opgeduik in die uitgesoekte videomateriaal van die vrolikheid.

Daar was uiteraard nie foto’s van Afrikanerkinders in konsentrasiekampe of die onlangse feeste na 1994 om die swart aandeel namens Engeland teen die Boere te vier nie.

Die koningin meen die geleentheid het haar “nederig” gemaak en sy sê sy voel geraak deur al die mense wat saam feesgevier het, het die BBC berig. “Dit het my diep geraak om so baie duisende families, bure en vriende te sien wat saam fees vier,” het sy gesê.

Dit was beslis roerend om te sien hoe etnies, nasionalisties en volksgerig die eilande kan wees wat ander volke nie dieselfde gun nie. Die hele grys tuisgebied was oortrek met die rooi, wit en blou van die Union Jack.

Elizabeth II se uitreik na Noord-Ierland is tot vervelens toe herhaal as haar groot triomf. Die Iere was tevrede met drie woordjies in hul eie taal by die staatsbanket tydens die koningin se rede.

Maar sy het ook voor ‘n volk, haar eie, gestaan wat die VSA en Spanje verbygesteek het as die voorste kokaiengebruikers per kapita in die Westerse wêreld.

Die jubileumkonsert se populistiese aanslag, was ongelukkig ‘n viering daarvan. Die groot winste uit dwelmhandel, is die meevaller vir hoofsaaklik banke in die Angelsaksiese invloedsfeer, Brittanje en die VSA, waar finansiële reguleerders wegkyk vir reusebedrae wat gewas word deur middel van hul stelsels.

Die mees verreikende en gedetailleerde analise van die dwelm-ekonomie in ‘n land tot op hede – in hierdie geval, Colombia – toon dat 2.6% van die totale straatwaarde van die kokaïen geproduseer in die land bly, terwyl ‘n verstommende 97,4% van die wins deur misdaadsindikate afgeskep word, en gewas word deur banke in die eerste-wêreld.

Die ekonomie vir Colombiaanse kokaïen is buite Colombia, ten spyte van die VSA se “oorlog” teen die dwelm. Dieselfde situasie is tans in Mexiko aan die ontwikkel.

Die meganismes om dwelmgeld te was is verlede jaar in Miami te berde gebring in ‘n saak tussen die Amerikaanse federale owerhede en die Wachovia-bank, wat die oordrag van $110 miljoen in dwelmgeld erken het, maar versuim het om behoorlik ‘n verbysterende $376 miljard uit Mexiko oor vier jaar te monitor. (Wachovia is sedertdien oorgeneem deur Wells Fargo, wat saamwerk met die ondersoek.)

Die “toesig” deur die Amerikaanse en Britse owerhede oor “geldwassery” verleen dus aan hulle ‘n voordeel om weg te kyk indien die wassery hulle tot voordeel strek.

Met Brittanje as die wêreld se grootste verbruiker van kokaïen, het die Wachovia-ondersoek getoon dat baie van die dwelmgeld ook gewas word deur die Stad van Londen. Die fluitjieblaser, Martin Woods, wat in die bank gewerk het en dit ontdek het, is intussen afgedank.

Dit is taboe om die groot banke aan te vat, want dit is politieke selfmoord in hierdie ekonomiese klimaat, omdat die bedrae geld so hoog is.

Dit mag aangenaam wees om glimlaggend vir die arme onderdane te wuif, maar die werklikheid van wat die Ryk staande hou, sal die VK eersdaags inhaal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s