“as is verbrande hout”

Deur Bennie de Klerk (@Knaphand)

Na die afgelope week of wat se gebeure rondom Zuma en sy Leninistiese ontbloting het ek besluit om ook maar `n stuiwer in die armbeurs te gooi. Sommige sal wonder oor my beskrywing van Zuma se “portret”, maar kom ek verduidelik : Brett Murray het uitgebeeld wat hy en heelwat ander liberale nou eers besef, en dit is dat Zuma as president van die ANC die leer van Marx en Lenin voorstaan. Van daar die rooi jas geskoei op `n portret van Lenin. Die meerderheid van die land is vies oor Zuma se ontblote geslagsdele. Welliswaar nie oor dieselfde redes nie, maar een ding staan soos `n paal bo water, Zuma vergat homself met sy klomp vrouens en kinders. Dink vir jouself as Zuma op staats besoek aan die VSA is en Obama verwelkom hom; wat sê Barack vir Michelle…”uhm, wonder is dit first, second or third lady, miskien girlfriend….”. Deur enige opmerking van `n staatshoof, hetsy luid of in sy gedagtes oor Zuma, wys dit alreeds sy minagting vir Zuma. Dieselfde geld vir ons SA burgers : Zuma is `n grap wat met `n pieperige stem sy middle vinger gedurig teen sy neus opstoot om sy bril reg te skuif. Dit is nie die beeld wat ek het van `n leier wat die leisels van sy land vashou nie.

Uit die aard van die saak het humeure opgevlam en die rasse kaart is vir die soveelste keer gespeel. Ek wil al kots as `n swarte op tv praat en sê die of daai is rassisties. Die is doodeenvoudig `n gebrek aan logiese redenasie vermoë wat hom laat gryp na die rasse strooi halm. As volger op Twitter het ek die afgelope ruk beide kante, dis nou wit en swart se kommentare gelees oor verskeie moorde wat gepleeg is. Sommige wittes wil ander wittes aankla by die Menseregte kommissie. Sommige swartes wil die uitmoor van wittes vinniger laat gebeur, ander wittes wil wapens opneem en voor die voet begin skiet. Beveiligings wenke word uit geruil op Twitter. Protes optredes word beplan en gekoordineer. Sogenaamde rassistiese opmerkings word deur beide wit en swart aangehaal, alles om hierdie rasse haat aan te vuur. En hierdie vuur brand al groter met elke tweet wat daarop gegooi word totdat,… totdat wat? Wat gaan gebeur? Wie gaan wat doen? Wag al die Twitter gebruikers op `n Barend Strydom om die voortou te neem, net om hom weer in die steek te laat? Wag almal vir die eerste swarte om die eerste skoot te skiet? Julle wag te lank,…. die eerste skote is met die eerste plaasmoord op wittes geskiet. Goed kom ek argumenteer dat ons wag vir uHuru….dan wat? Gaan jy bymekaar kom op `n voorafbepaalde plek, dorp, plaas? En die ANC, PAC en MK weet nie van die plekke nie, nê?

Populistiese politici, dis waar ek dink die problem is. Politieke uitsprake en beloftes wat gemaak word sweep die massas op. Sou die ANC nie beloftes van huise, krag, water en wasmasjiene gemaak het in hul “struggle” onder die dekmantel van vryheid nie, sou hul nie vandag regeer het nie. Sou de Klerk en sy meelopers eerder die ANC ontbloot het soos Brett Murray Zuma ontbloot het, sou ons nie gestaan het waar ons staan vandag nie. Maar helaas, soos ouma Lenie altyd gesê het, “as is verbrande hout”.

Wat ons as wittes gaan doen as die kryger sy dolk (jammer Steve) opneem weet ek verseker nie. Soms hoop ek dat die moet gebeur en klaar kom, ander tye weer dink ek laat ek eerder dood wees as die gebeur, maar soos dinge nou lyk is dit net `n kwessie van tyd voor dit gebeur. Ek het al getweet dat ek geen voorstander is van oorlog nie, bloot om die rede dat ek dit ken, en dat die geskiedenis homself sal herhaal met die hans-kakies tussen ons. Met al die ja-broers in ons midde – dit het ek ook in my polisie dae gesien, ouens wat net wil skiet, maar as die eerste skote klap, piepie hy homself nat.

Noem my maar die draer van slegte tyding, maar ek hoef nie `n Siener van Rensburg te wees om te sê dat hierdie hutspot op die punt staan om oor te kook nie. Wat gaan gebeur sal gebeur, ek laat my en my kinders se lewe in `n groter Hand, daar waar my vertroue ook is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s