Die verskriklike verhaal wat die Britte verswyg

John Martin

Hulle het as slawe gekom op die groot Britse skepe wat na die Amerikas geseil het. Hulle is gestuur in hul honderde duisende, mans, vroue en selfs klein kindertjies.

Wanneer hulle in opstand gekom het of selfs ‘n bevel verontagsaam het, is hulle op die wreedste maniere gestraf. Slawe-eienaars het hul menslike eiendom opgehang aan die hande en hulle hande en voete aan die brand gesteek as ‘n vorm van straf. Hulle is lewendig verbrand en hul koppe geplaas op pale om as ‘n waarskuwing aan ander gevangenes te dien.

Ons het nie regtig nodig om al die gruwels uit te spel nie, het ons? Na alles, weet ons al te goed wat swart slawehandel was, sug die leser. Maar, liewe leser, ons praat nie oor swartes nie, maar wit, blanke slawe.

King James II en Charles I het ‘n verbete poging om wit Iere te verslaaf gelei. Brittanje se befaamde Oliver Cromwell het hierdie praktyk van die verontmensliking van hul bure, voortgesit.

Die Ierse slawehandel het begin toe James II 30,000 Ierse gevangenes verkoop het as slawe na die Nuwe Wêreld. Sy Proklamasie van 1625 het vereis dat Ierse politieke gevangenes na die buiteland gestuur word en verkoop word aan die Engelse setlaars in die Wes-Indiese Eilande. Teen die middel 1600’s, was die Iere die belangrikste slawe verkoop aan Antigua en Montserrat. Op daardie tydstip was 70% van die totale bevolking van Montserrat wit Ierse slawe.

Ierland het vinnig die grootste bron van menslike vee vir Engelse handelaars geword. Die meerderheid van die vroeë slawe na die Nuwe Wêreld was, ongelooflik, eintlik wit.

Van 1641 tot 1652, is meer as 500,000 Iere gedood deur die Engelse en nog 300,000 is as slawe verkoop. Ierland se bevolking het gedaal van sowat 1.500.000 tot 600,000 in ‘n enkele dekade. Gesinne is uitmekaar geskeur soos die Britte nie Ierse pa’s wou toelaat om hulle vrouens en kinders saam te neem met hulle oor die Atlantiese Oseaan nie. Dit het gelei tot ‘n hulpelose bevolking van hawelose vroue en kinders. Brittanje se oplossing was om hulle op te veil.

Gedurende die 1650’s, is meer as 100,000 Ierse kinders tussen die ouderdomme van 10 en 14 van hul ouers weggeneem en verkoop as slawe in die Wes-Indiese Eilande, Virginia en Nieu-Engeland. In hierdie dekade, is 52,000 Iere (meestal vroue en kinders) verkoop aan Barbados en Virginia. Nog ‘n 30,000 Ierse mans en vroue is ook vervoer en verkoop aan die hoogste bieër. In 1656, het Cromwell beveel dat 2000 Ierse kinders geneem word na Jamaika en verkoop word as slawe aan die Engelse setlaars.

Baie Britte probeer vandag nog om die Ierse slawe as iets anders te beskryf. Hulle sal kom met terme en semantiese verdraaiings soos “ingeboekte knegte”. Maar in die meeste gevalle van die 17de en 18de eeu, was Ierse slawe niks meer as menslike vee nie.

Swart slawe – en dit is goed aangeteken – uit Afrika, wat nie besmet was met die vlek van die gehate Katolieke teologie nie en baie duurder om te koop, is dikwels baie beter as hul Ierse eweknieë behandel.

Slawe uit Afrika was besonder duur gedurende die laat 1600’s (50 Sterling). Ierse daarenteen slawe was goedkoop (nie meer as 5 Sterling nie). ‘n Dooie Ierse was dit nooit ‘n misdaad nie, net ‘n finansiële terugslag, omdat hulle heelwat goedkoper as die swartes was.

Die Engelse meesters het vinnig begin teel met die Ierse vroue vir hul eie persoonlike plesier en vir ‘n groter wins. Kinders van die slawe was hulle slawe, wat die grootte van die meester se arbeidsmag uitgebrei het. Selfs as ‘n Ierse vrou op een of ander manier haar vryheid verkry het, sou haar kinders bly as slawe van haar meester.

Die Engelse het gedink nog ‘n beter manier om hierdie vroue (in baie gevalle, meisies so jonk as 12) te gebruik om hul markaandeel te verhoog was om Ierse vroue en meisies te laat teel met swart mans om slawe te produseer met ‘n duidelike gelaatskleur . Hierdie nuwe “mulat” slawe het ‘n hoër prys as die Iere behaal, en ook, die setlaars in staat gestel om geld te spaar, eerder as om nuwe swart slawe te koop.

Hierdie praktyk van die verbastering het vir ‘n paar dekades geduur en was so wydverspreid dat wetgewing in 1681 ingestel is “wat die praktyk van paring tussen Ierse slawevroue en swart slawemanne vir die doel van die vervaardiging van slawe” verbied is omdat dit ingemeng het met die winste van ‘n groot slawevervoer maatskappy.

Engeland het voortgegaan om tienduisende Ierse slawe oor te stuur vir meer as ‘n eeu. Dit staan opgeteken dat, na die Ierse Rebellie van 1798, duisende van die Ierse slawe verkoop is aan beide Amerika en Australië.

Daar was ‘n afskuwelike misbruik gevangenes. Een Britse skip, het 1302 slawe in die Atlantiese Oseaan gesmyt, sodat die bemanning genoeg kos sou gehad het om te eet.

Indien enigiemand, swart of wit, glo dat slawerny slegs ‘n swart ervaring was, dan sal die opgetekende geskiedenis hul wreed ontnugter.

Ierse slawerny is ‘n onderwerp wat die moeite werd is om te onthou, maar die Britte het dit, net soos die konsentrasiekampe in die Vryheidsoorlog in die Boererepublieke, uit die geskiedenisboeke uitgewis.

Die Ierse verhaal het heeltemal verdwyn asof dit nooit gebeur het nie.

4 thoughts on “Die verskriklike verhaal wat die Britte verswyg

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s