As Afrikaners sou saamstaan

Geskryf deur Johan Wiggil   

Sondag, 27 Mei 2012 07:15

Daar was ʼn tyd toe Afrikaners en blankes in die breëre sin Suid Afrika besit het as ʼn de jure staat. Dit het goedgegaan met Suid Afrika. Daar is selfs omgesien na die minder bevoorregtes (van natuur minder bevoorreg natuurlik). Daar is ook vir die nie-blankes politieke oplossings voorgehou. Sou so ʼn oplossing die Afrikaners nou aangebied word sal dit sekerlik met groot dankbaarheid ontvang word.

Ons het veilig en ekonomies vooruitstrewend gelewe. Onderrig was op hoë standaard (ten minste vir die wat dit kon hanteer), strate van stede en dorpe was skoon, munisipaliteite het dienste gelewer, die Rand was relatief sterk, staatsinstellings het goed funksioneer en ons het onsself as trots Suid Afrikaans beskou. Toonaangewend in verskeie dissiplines. In die blanke politiek was opposisie na regs en na links wat elk vermaan het met teenstrydige oogmerke. Steeds kon die breëre blanke gemeenskap in vrede assosieer in skoon en goedbestuurde stede, dorpe en landelike gebiede.

Toe begin die gekarring. Eers met die 1977 konstitusionele voorstelle wat eindig in ʼn referendum waar die land weggegee word. Met versigtige optimisme is die nuwe regering in 1994 aanvaar, met min bewustheid van die ware intensies van die laaste Afrikaner regime wat ʼn illusie geskep het van ʼn nuwe en potensieel goed funksionerende demokrasie. Daar is onderhandel by KODESA en steeds het die deursnit Afrikaner nie besef wat besig is om te gebeur nie. Ons geliefde Suid Afrika is verraai. Vroeër het ons Die Lied van Jong Suid Afrika gesing? Jy was onoorwinlik.

Hier staan ons vandag, verslae en ontwortel. Nog erger, geen Afrikaner kohesie nie. Splintergroepe het opgeskiet met onverdraagsaamheid teenoor mede Afrikaners. Ons veg vir kultuur, ons veg vir Afrikaans, ons veg teen onsself. Daar word oordrewe politiek korrek opgetree om nie aandadig te wees aan die skending of ondermyning van die reënboognasie nie. Miskien, net miskien sal swart Afrika ons erken. Iewers met iets. Hoe bitterlik naïef. Die realiteit is jy is uitgelewer aan jouself. Sonder ʼn vaderland.. die volk is in diaspora, maar, nie sonder hoop nie. Afrikaners was eens ʼn volk met de jure status.

Afrikaners kan weer verenig. Die wêreld globaliseer, is kosmopolities maar is ook besig om te fragmenteer. Daar is toenemende etniese bewustheid. Denke oor selfbeskikking skuif na deterritorialisme. Dit sal geen verrassing wees as Afrikaners selfbeskikking (sesessie) eis nie. Ons voldoen aan al die internasionale kriteria om oor onsself te regeer. Ons bevind onsself in ʼn samelewing wat Afrikaners ontwortel en degradeer. Wie gee Zuma, of wie ook al die reg om met verwronge en sieklike magsbeheptheid Afrikaners te interneer.

Ek stel nie belang in Suid Afrika nie. Of sy Grondwet, of die ANC, of die reënboognasie nie. Ek wil assosieer met Afrikaners in alle strukture van die samelewing, ek wil in Kerkstraat (elke dorp het ʼn Kerkstraat) beweeg en net witmense sien. Dit het niks te make met rassisme nie. Dit gaan oor sentimente. Dit is ons reg om te assosieer met ons eie. Gedwonge integrasie is volksmoord. Alhoewel nog nie opgeteken in ʼn handves nie, maar wyd erken.

Suid Afrika onder beheer van Afrikaners was eens ʼn vooruitstrewende land. As Afrikaners saamstaan, kan dit weer gebeur. Miskien nie op die grondgebied soos voor 1994 nie, maar binne die grense van Suid Afrika in ʼn onafhanklike republiek. Wie kan ons keer as ons saamstaan? Ons het ʼn reg op selfbeskikking. Remediërend of as primêre reg. As ons nie saamstaan nie gaan ons nie grondgebied vir ʼn staat kan identifiseer nie. Selfbeskikking begin by geïdentifiseerde grond vir ʼn onafhanklike Afrikaner Republiek. Dit is verregaande om te verwag dat alle blankes of meer spesifiek Afrikaners sal saamstaan, maar daar word verwag dat die leiers van Afrikaner strukture sal saamstaan om met eendragtigheid ʼn onafhanklike Afrikaner Republiek te eis.

Aggressiewe rewolusionêre politiek en leiding is nodig om Afrikaner vryheid te verkry. Dit is sinneloos om te onderhandel. Dit is sinneloos om deur regstrukture soos die IGH te werk of om konstitusioneel vryheid te verkry. Die uitgangspunt is dat ex post facto kennis geneem word van ʼn de facto situasie wat de jure erken sal word. Die basiese beginsel is die wil om vry en onafhanklik te wees. Die hoe is al tot vervelens toe oor dekades uitgewerk. Die spesifieke modus operandi mag dalk kontroversieel wees. Niks kan egter begin alvorens daar nie kollektiewe wil is nie en grondgebied geïdentifiseer is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s