Ope brief aan Piet Croucamp

Maandag, 14 Mei 2012 08:10 Johan van der Merwe

Piet Croucamp skryf as volg in Rapport:

“My politieke instink het ‘n weersin in Afrikanerpolitiek en ek het dit van die begin duidelik gemaak dat die term Afrikaner ideologies gelaai is. Ek dink mense wat hulself as Afrikaners beskryf, beskou hulle nie as deel van Suid-Afrika nie en hul doelstellings korrespondeer nie met die Grondwet van die land nie. Wat my betref, is Afrikaners byna per definisie – of op enkele uitsonderings na – onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste.

Ek is oortuig daarvan dat Afrikanerskap so uitgedien is soos ‘n rooksein en dat Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, soos die land beter daaraan toe is sonder Julius Malema.”

Hy is ‘n man wat gereeld sy opinie op televisie, die radio en in die koerante met ons deel. Ek neem aan hy moet vreeslik slim wees, want toe die ANC iemand soek om die gesprek tussen die Afrikaans(es) en die party te behartig, was dit op sy knoppie wat hulle gedruk het.

Nou lyk dit my Piet is baie kwaad omdat Afrikaner organisasies nie belangstel om saam met die ANC om die tafel te sit nie. So kwaad dat Piet in sy liberale, verligte, goddelike toestand van alwetendheid nie eers sien hoe groot rassis hy self is nie! Piet is sekerlik ‘n kenner van die Grondwet, want hy verwys juis nie die dokument in sy haatspraak.

Ek dink mense wat hulself as Afrikaners beskryf, beskou hulle nie as deel van Suid-Afrika nie en hul doelstellings korrespondeer nie met die Grondwet van die land nie.

Jy sien Piet, hier is jou eerste denkfout- Dit is nie ons wat ons nie as deel van Suid-Afrika beskou nie, dit is die ANC. Al gehoor van regstellende aksie, en Swart bemagtiging? Afrikaner-kinders wat op die kleur van hulle vel ontneem word van regte, mense wat wil werk en wat bevoeg is om te werk word weggewys oor hulle velkleur. Hoe de duiwel moet jy jouself as deel van iets beskou, wat jou nie akkomodeer nie?

Jou tweede denkfout- Ons ken die grondwet beter as enige ander groep in hierdie land, want ons moet gedurig toekyk hoe ons regte vertrap word. Dit is Afrikaner groepe wat elke keer hof toe moet gaan om basiese regte te beskerm in hierdie bestel. Dit is nie die grondwet wat ons taal en ons kultuur vertrap nie, dit is die ANC-besluitnemers wat dit doen. Hoe kan jy nou saam met ‘n groep sit en geselsies maak oor die wonderlike toekoms terwyl daardie einste groep besig is om jou regte al meer in te perk?

So gepraat van die Grondwet- Kom ons kyk hoeveel van my regte vertrap Piet met sy skrywe:

Menswaardigheid

Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.

– “Wat my betref, is Afrikaners byna per definisie – of op enkele uitsonderings na – onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste.”

Wat iemand soos Piet nie verstaan nie is dat die Afrikaner groepe hulle besig hou met selfbeskikking. Ons gun elke groep, ras en volk presies dieselfde regte as wat ons eis. Ons probleem is nie met swart mense nie, dit is met die regering wat ons kultuur verdruk. Dit is net julle slim, liberale denkers wat nog vasgeval is in ras. Om ons as rassiste te probeer uitmaak is ‘n direkte aanval op ons menswaardigheid en jy het geen reg om sulke aantygings te maak nie!

Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening

Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.

Kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe

(1) Persone wat aan ‘n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die reg ontsê word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap-

(a) hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en

(b) kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.

Vryheid van assosiasie

Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie.

Al van die goed raakgelees in die Grondwet Piet?

“My politieke instink het ‘n weersin in Afrikanerpolitiek en ek het dit van die begin duidelik gemaak dat die term Afrikaner ideologies gelaai is”

“Ek is oortuig daarvan dat Afrikanerskap so uitgedien is soos ‘n rooksein en dat Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, soos die land beter daaraan toe is sonder Julius Malema.”

Natuurlik is die term ideologies gelaai Piet, dit verwys na ‘n VOLK. Dit verwys na ‘n groep mense met ‘n identiteit, ‘n taal, ‘n kultuur, ‘n geskiedenis, bekommernis, vrese… Dit is ‘n groep mense wat julle erken wanneer hulle wil en ontken wanner dit julle nie pas nie. Die blote feit dat jy ‘n weersin in ons manier van politiek het is bloot ‘n manifistasie van jou weersin in die mense wat die politiek beoefen. Jy erken dit self later in jou skrywe- Dat die land beter sal wees sonder ons.

Malema sing “Kill the boer, kill the farmer”. Nou vergelyk jy ons, Afrikaners, met Malema wat haat aanblaas en mense se reg op lewe wil vertrap. Weereens is jy vinnig om die Afrikaners te beledig, maar jy maak jouself skuldig aan presies dieselfde haatspraak as Malema!

Die idee om al die Afrikaners te vermoor is presies wat jy diplometies verwoord wanneer jy skryf:

“Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners”

Daar is geen verskil tussen jou en Malema se uitsprake nie. Altwee van julle wil die Afrikaners “weg” maak. Nou gaan jy seker dink maar jy het die reg tot opinie en vryheid van spraak, maar kom ons gaan kyk na die Grondwet wat jy so graag noem-

Vrybeid van uitdrukking

(1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is-

(a) die vryheid van die pers en ander media;

(b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;

(c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en

(d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.

(2) Die reg in subartikel (1) omvat nie-

(a) propaganda vir oorlog nie;

(b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of

(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.

Jy wens ‘n minderheidsgroep, wat jy by die naam noem, die Afrikaner, weg. As dit nie haatspraak is nie, dan weet ek nie. Die enigste verskil tussen jou en Malema is dat Malema die ruggraat het om dit reguit uit te blaker, terwyl jy dit verbloem met geleerde diplomasie.

Jy Piet, verwens my mense, my ouers, my kinders. Ja, jy reken die land sou ‘n beter plek wees sonder my twee Afrikaner-seuntjies. De hel met hulle regte tot vryheid van assosiasie, denke, oortuiging en menswaardigheid, want Piet Croucamp dink dit is beter as ons nie hier was nie.

Na 18 jaar van belasting betaal, bek-hou, baklei vir basiese regte, byda tot die ekonomie die slag as BEE en AA jou nie by die deur voorkeer nie, duisende plaasmoorde, korrupsie, misdaad en wat nog alles, neem jy ons kwalik as ons nie meer die ANC vertrou nie. Wens jy ons weg.

Kom ek vertel jou ‘n geheim Piet- Die Afrikaners, die Boere, noem ons wat jy wil, het nie ‘n probleem met ander rasse en kulture nie. Dit is mense wat soos ons lyk en praat, mense soos jy Piet, wat my, my nageslag en ons identiteit nie erken of respekteer nie. Julle wurg julle self om ons uit te maak as rassiste sodat julle nie die waarheid hoef te erken nie. Dit is mense soos jy, wat soveel haat het vir ons volk, dat jy ons sal wegwens, wat die ware rassiste is. Dit is julle wat nie die regte soos in die Grondwet opgeneem is, van my mense erken nie en dan die vermetelheid het om ons te beskuldig en te verkleineer…

One thought on “Ope brief aan Piet Croucamp

  1. Iemand soos Piet Croucamp is hopeloos te nasionalisties –Dis reg ja, nasionalisties. In sy wêreld moet elke land (wat maar eintlik net ‘n geografiese uitdrukking is) alle gelowe, rasse en kulture uitwis tot daar slegs een “nasionale” karakter is. Ons ken die geskiedenis en die ongelukkige uitkomste wanneer die staat geloof aanneem en alles wat anders is probeer vernietig , nader na die huidige was dit kultuur, taal en ras almal lei tot dieselfde ongelukkige uitkomste. Dit is nie die Afrikaner of enige ander klein etniese groep wat “gelaai” of “rassisties” is nie, maar Piet wat nie sy apartheidsdenke wil laat gaan nie. Hy is nie net ‘n gevangene daarvan nie maar ‘n verkondiger van sy “god” – die staat. Dis dieselfde tiepe wat klein swart kindertjies sal doodskiet om ‘n Apartheidstaat te verdedig sal weer hordes klein volke vernietig vir ‘n ANCstaat, daar is geen verligting nie, hy glo steeds in dieselfde afgod –die staat, wat natuurlik verheerlik moet word bo alles. Die feit dat mense soos Piet Croucamp staatsleer aanbied op universiteit is die enkel grootste motivering vir my anti-staatsleer blog . Ken die man nie persoonlik nie, miskien is hy ‘n baie aangename, vriendelike karakter, maar o wee hoe vinnig kan sulke intellektuele nie beweeg vanaf ‘n “swart-gevaar” na ‘n “Afrikaner-gevaar” sonder om die ironie in te sien nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s