Iewers raak gelees..

Iewers op die www –

Hierdie rubriek weerspieël die ironie van die hoofstroom kontemporêre Afrikaner-denke. Enersyds word die nuwe rassistiese bestel in Suid-Afrika op sy naam genoem en veroordeel. Daar word ook erken dat die Afrikaner, as minderheidsgroep, nie in sodanige bestel tot sy reg kan kom nie. Andersyds word die moontlikheidsvoorwaarde van hierdie bestel, naamlik die konsep van ‘n multi-kulturele samelewing, sonder meer aanvaar. Die implikasie is dat dit goed en wel is dat die Afrikaner nie tot sy reg kom nie, solank dit nie op grond van rassisme gebeur nie. Selfs al word die Suid-Afrikaanse samelewing van rassisme gesuiwer, is die implikasie steeds dat hulle tevrede moet wees met hul minderheidskwota in die Suid-Afrikaanse samelewing. Dit behels ‘n mistasting en ‘n ontkenning van Afrikaners se reg om hul eie politieke status te bepaal en om hul eie ekonomiese en kulturele strewes uit te leef. Oor hierdie reg is daar geen twyfel in die internasionale reg of gemeenskap nie en die ANC-regering is ondergeskik aan hierdie onvervreembare reg van die Afrikaner en enige ander etniese groep. Afrikaners hoef nie met ‘n minderheidskwota tevrede te wees nie. Die Afrikaner het die reg tot ‘n eie soewereine staat waar hy sy eie lewe en strewe bepaal.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s