ANC steur hom nie aan Afrikaanse pers (met kommentaar)

By: Cliff Saunders, Northcliff

Ek is ’n Engelssprekende, maar is ’n intekenaar van Beeld en gaan elke Sondag ’n Rapport koop, maar ek lees daagliks ook verskeie Engelse koerante.

Ek is verheug oor Tim du Plessis se artikel oor die Media24-navorsing wat aandui dat Afrikaanssprekendes lojaal is teenoor “hul” koerante en dat hulle optimisties is oor die toekoms van Suid-Afrika (Rapport, 22 April).

Maar as gesoute joernalis wat alle nuusbronne bestudeer, is daar iets wat my geweldig pla en wat die Media24-navorsers blykbaar nie ondersoek het nie: Hoeveel invloed het die Afrikaanse media oor die algemeen op die ANC-regering en ander belangrike besluitnemers in Suid-Afrika?

Afrikaanse politieke, ekonomiese en landboukenners ensovoorts is uitstekend en dit is na die Afrikaanse media wat ek gaan as ek ingewikkelde gebeure wil verstaan soos byvoorbeeld verlede Sondag se hoofartikel: “Wie het Mdluli se bas gered?”

Maar ek is bevrees dat ons ANC-regeerders veral (en op alle vlakke) hul bes doen om die Afrikaanse media te ignoreer – behalwe as die storie/onthulling van so ’n aard is dat dit selfs in die Engelse media verskyn.

Vir baie swart Suid-Afrikaners bly Afrikaans die “taal van die onderdrukker” en hulle beskou Afrikaners nog as rassiste.

Dit is ’n werklikheid waarmee ons te doen het en regstellende aksie sal nog baie erger word. Ondanks alles pleit ek (as Engelssprekende met ’n Afrikaanse ma en vrou) dat die Afrikaanse media volhou met die uitstekende werk – en veral die ondersoekende joernalistiek wat nie durf geïgnoreer word nie.

My Stuiwer – B. de Klerk

Tim du Plessis is maar net nog een van die ANC – regime se poppe. ‘n Mens kan nie help om te dink dat al sy artikels en sy koerant se artikels eers letterlik deur die ANC goedgekeur moet word nie. Versigtig om nie op tone te trap nie en plaas net dit wat die regering nie regtig sal kwaad maak nie. Daarom dat die ANC hom nie veel steur aan sy artikels of publikasies nie.

Een ding van Max du Preez in die “apartheids”- jare was dat hy nie van sy hart ‘n moordkuil gemaak het nie. Hy het die NP regering in geen onsekere terme gekritiseer. Daarom was hy dan ook ‘n doring in hul vlees. Nie dat ek veel ooghare vir die man het nie, maar gee hom daardie krediet!
Tim du Plessis sal nooit gewig dra by die man op straat nie, bloot omdat hy nie reguit praat nie. Al dansende rondom die waarheid om sy meesters te paai….En dit is hoekom die ANC hom nie aan Media24 steur nie.

Gaan lees maar gerus blogs van Genocide Watch, Censorbugbear, Oase, Praag, ens, dan sien jy wat die ware toedrag van sake is. Sonder die versiersuiker….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s