Skeuring van Cosatu, ANC is onvermydelik

Deur : BJ Dippenaar

Dis nie altyd maklik om verskuilde politieke motiewe en agendas bloot te lê nie, maar dit wat Cosatu ten doel het is eintlik elementêr as dit gesien word teen die agtergrond van die basiese beginsels van Marxisme.

Daarvolgens moet alles wat die produksievermoë, middele en vermoë van ’n land behels onder die beheer van die werkersklas geplaas word.

In Suid-Afrika poog Cosatu al jare lank om algehele beheer oor al die werkers te verkry deur die pogings tot solidariteit, die skep van eenheidsimbole soos rooi T-hemde en swart Lenin-pette en deur die intimidasie van derduisende swart mense tot deelname aan protesoptogte.

Sodanige organisering en optogte het min te make met griewe en is veel meer gemik op magsvertoon en die kondisionering van die werkers wat moet lei tot die volgende fase: Die totale lamlê van die land se vervaardiging- en dienste-sektore.

Om die land te verower moet hulle beheer oor die ekonomie kry. Hulle sal noodwendig eers die ekonomie op sy knieë moet dwing daarvoor en hulle slaag reeds in ’n mate daarin.

Kommunisme vorder nie in welvaart nie, maar in toestande van ellende. Hulle moet dus ellende skep en perpetueer. Ons slap wette oor die reg om te protesteer en te staak maak dit vir hulle baie maklik. Net as hierdie regte drasties ingeperk word en arbeidswetgewing vriendeliker gewysig word, sal ons ekonomie groei en ons voorspoed geniet.

Die probleem is dat die ANC reeds bang is hy sal verkiesings verloor as hy nie die volle steun van die werkersklas het nie. Nou moet hy heel impotent toekyk hoe sy alliansievennote doen wat hulle wil.

Die eenheid is broos en bestaan dus slegs tydelik. Die skeuring is onvermydelik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s