SA op pad na ‘n bloedbad en dis blankes se skuld

Deur : Marius Harding

Sommige mense blameer die ANC vir die huidige misdaadsituasie. Ek dink hulle is verkeerd; die eintlike skuldiges is niemand anders as die meerderheid blankes wat die Nuwe Suid Afrika gepropageer het nie!

As jy ‘n driejarige kind aan die stuur van ‘n bus plaas en hy ry met die passasiers die afgrond oor, wie is te blameer, die bus, die afgrond, die kleuter of die persoon wat die kleuter agter die wiel geplaas het?

Is dit moontlik om die misdaad te stop of selfs net onder beheer te kry? Néé!

1. Karaktereienskappe

Karaktereienskappe is grootliks ‘n geneties oordraagbare, onsigbare werklikheid. Om dit makliker te kan verduidelik, gebruik ek graag honde as voorbeeld. ‘n Rotweiler is swart en die algemene persepsie is dat hy kwaai is. Die agressie lê egter nie in die feit dat hy swart is nie; die swartheid van sy vel het eintlik niks daarmee te doen nie. So kry jy dan ook ‘n Labrador wat waardeer word vir sy sagte geaardheid. Hulle is gewoonlik lig van kleur of bruin. Ons kan mos nou nie sê dat swart honde kwaai is en bruin honde saggeaard nie? Doodeenvoudig omdat ons weet dat die karakter of, anders gestel, die maniere van die hond nie in sy vel setel nie. Hoekom weet ons dat ‘n Rotweiler ‘n kwaai hond is? Omdat ons gesien het dat oor jare baie Rotweilers kwaai honde is. DIt maak nie alle Rotweilers mensvreters nie, maar die algemene persepsie word gevorm deur die meerderheid Rotweilers se gedrag.

So het verskilende volke ook verskilende eienskappe, en hierdie eienskappe is nie net kleurverskil nie. As ek sou vra wat is die eienskappe van ‘n Jood? Wat sou jou antwoord wees? As ek sou vra wat die eienskap van ‘n Duitser is, wat sou jy sê? Of ‘n Italianer? En so kan ons aangaan. Die meeste volke het hul eie unieke karaktereienskappe.

1.2 Karaktereienskappe van Afrikane

Deur die loop van eeue het die Afrikane op ‘n plek gebly waar hulle basiese materiale gebruik het as beskutting en grootliks van die veld gelewe het. Hulle sal die bome in so ‘n omgewing afkap vir brandhout en die diere opeet. Weldra sou siektes uitbreek (vanweë gebrekkige sanitasie) en dan sou die stam na ‘n nuwe plek toe trek. Soos wat stamme groei, het hulle doodeenvoudig ander stamme uitgemoor en hul vroue en kinders vir hulle gevat, asook die vee, dan raak hulle ryker of groter. Daar was geen Westerse gedagte aan grense nie. Jy mag trek net waar jy wil en swakker stamme moes doodgewoon verder wegtrek van groter stamme af om nie slagoffers te word van die “groei” van die groter stam nie. Om so ‘n kleiner stam aan te val, uit te moor en te buit wat hulle kon, sou nie gesien word as krimineel nie, maar as vooruitgang.

Met die kolonisering van Afrika het die Westerling grense bepaal en hulle wette laat geld. Tegnologie soos riolering en mediese dienste het die Afrikane se getalle ontsettend laat groei. (Dink maar net daaraan dat die Indiërs en ook Chinese net so 150 jaar gelede hierheen ingevoer is omdat hier nie genoeg arbeiders beskikbaar was vir die vraag nie.)

Dit het baie probleme geskep, veral omdat die Afrikaan nie meer kon trek nie. Die beginsel van die sterkste oorleef, het nie meer gegeld nie, want die grense was bepaal.

Met die beëindiging van die kolonies het die Afrikaan ‘n sisteem oorgeneem wat hy nie binne sy karakter kan bedryf nie. Hy verstaan ook nie demokrasie nie. Oor eeue heen is daar nooit gestem nie. (DIe Westerling verstaan ook nie demokrasie heeltemal nie.) Terloops, kan iemand vir my ‘n demokrasie in Afrika wys?

Wanneer die Afrikaan onder druk is, skop die karakter in en dit lei tot geweld, burgeroorloë, ens. Hier is dit ook nie anders nie. Jy kan ‘n ou polisieman vra: Baie Afrikane word in hegtenis geneem vir diefstal of iets dergliks en hy weet nie hoekom hy hierdie daad gepleeg het nie. Dit is nie dat hy eers besluit het of ‘n redenasie gevoer het nie, dit gebeur outomaties. Gaan kyk maar in elke land waar daar Afrikane en Westeringe saam is. Die tronke sal vir jou uitwys dat dit beslis nie in balans met die bevolkingsamestelling is nie. In die VSA is 50% van alle gevangenes swart, terwyl die Afro-Amerikaners as groep maar 12% van die bevolking uitmaak.

Soos wat die druk groter word, gaan die diefstal, moord, ens. vermeerder. In die afwesigheid van Westerse regstelsels sal dit vererger totdat daar niks oor is nie en dan begin ‘n oorlog tussen hulle om te bepaal wie die sterkste is.

Dit is dus nie dat hy steel omdat hy swart is nie. Dit is bloot ‘n karaktereienskap waaroor niemand beheer het nie, want dit is geneties.

2. Straf vir misdaad

Westerse beskawings pas gevangenskap as straf al duisende jare toe. Afrikane ken nie dié stelsel nie. In hulle bestaan van duisende jare het hulle leiers doodeenvoudig iemand vir ‘n oortreding van kant gemaak. Baie stamme het gevorderde stelsels gehad. Al die oortredings regverdig die doodstraf! Die metodes wissel: ‘n vrou wat ontrou was, sou in ‘n paal gedruk word en die paal geplant word; ‘n verraaier sou vet gesmeer gewees het en by ‘n miernes geplaas word vir ‘n stadige marteldood, ens.

Tans het ons die probleem dat ‘n misdadiger se bestaan in baie gevalle beter is binne die gevangenis as daarbuite. Dit bring mee dat hy geen straf ontvang nie en boonop ‘n beter ete as wat hy self sou kon verdien.

Hoe kan jy ooit misdaad beveg as jy die misdadigers beloon?

3. Hoekom beskuldig ek die blanke kiesers?

Voor die ’94-fiasko het ons tuislande getoets. Die RSA-regering het miljoene bly bydra en alles het weens korupsie en wanbestuur in duie gestort. Dit was ook nie anders in enige ander land in Afrika nie. Die ’92-referendumstemmers het dus etlike vorbeelde gehad wat dit bewys het. Steeds het hulle alle kennis verwerp! Kennis kom uit ondervinding, jou eie of iemand anders s’n. Die ja-stemmers het bloot teen die velkleur vasgekyk en verklaar dat alle mense eenders is.

Daar is geen keer nie: SA is op pad na ‘n bloedbad en die blanke op pad na uitwissing. Indien dieselfde tendense voortgaan as die afgelope 17 jaar sal dit ons slegs 42 jaar neem om nie meer te bestaan nie!

3 thoughts on “SA op pad na ‘n bloedbad en dis blankes se skuld

  1. Het jy daaraan gedink dat hulle teen 94 so bankrot was juis omdat hulle miljoene bly bydrae het tot ‘n stelsel wat onwerkbaar was –dat die staat nie die vloei van kapitaal en goedere kan beheer nie maar dat dit bepaal word deur die verbruiker daarvan. Gevangenisstraf het nie vir duisende jare in die westerse beskawing bestaan nie dit het eers sedert die rewolusie in 1789 begin ontwikkel en groei om politieke vyande te neutraliseer. Vanaf die vroe Middeleeue tot en met die laat monargistiese periode was die gebruik meestal vergoeding aan die slagoffer vanaf die oortreder daar was nie ag geslaan op die estoppel reël nie, die het eers later beslag gevind. Maar ek dink juis omdat die reikwydte van die staat so beperk was.

    Verder maak jy groot aannames oor ander mense se “karakter”, jy lig probleme uit, wat sekerlik wel bestaan maar die beskuldigings is wat? Die illuminati, kommuniste, blankes, swartes, Jode – jy kan die artikel oorskryf vir elkeen sonder om ‘n oplossing voor te stel – wat is jou punt? As jy ‘n voorstel het wat inklusief vir almal gaan help maak die voorstel as jou voorstel eksklusief gaan wees tot ‘n sekere segment – ek het geen probleem daarmee nie, maar om emosioneel te kla daaroor los niks op nie.

    • Ek stem saam met jou, KWS. As ons skuldiges wil soek moet ons dalk terug gaan na Verwoerd, die argitek van appartheid, deur wie ons verraai is en wie ons op die verkeerde pad gelei het. Of dalk voor hom Oom Paul, die klipkop. Of voor hom Jan van Riebeeck, of voor hom Adam, of voor hom …..

      Ons wat ja gestem het het voerentoe gekyk, met die wete dat daar geen waarborge issie. En so het ons ‘n versekerde bloedbad daarie tyd afgeweer. As ons dit nie gedoen het nie, sou ons sekerlik nie vandag hier gewees het nie.

      Vandag se nekomdraaiers, wat steeds agtertoe kyk om iemand te kry wat geblameer kan word, is juis dié wat ‘n groot bydrae maak tot die komende bloedbad deur hulle luidrigtige ongenaakbaarheid en onverdraagsaamheid.

      ‘n Deel vannie oplossing sou wees om deugde soos welwillendheid, mededeelsaamheid, vrede-liewendheid en respek te bevorder. Maar ongelukkig word sulke eienskappe in die Afrikanerkamp as swakhede gesien.

      • Joh,
        Ek stem saam met jou aangaande die onnodige blaam speletjie wat tot niks lei nie. Ek het beslis nie “Ja” gestem nie, om te stem is ‘n kontraktuele regverdiging van ander mense om namens jou besluite te neem en effektiewelik oor jou te “regeer”. Hierdie tirade is dalk ietwat ligsinnig dit beteken egter nie dat baie van die kritiek wat regses op die staat lewer nie meriete het nie. Dis dalk irriterend as hulle dit doen tot vergelyking met die vorige staatsbestel wat korrup en onwerkbaar was maar dit maak nie hul kritiek sinloos soos linkses dit afmaak nie.
        As ‘n anargis het ek het baie meer simpatie met regse separatiste as wat ek ooit met linkses sal hê, ek dink net meeste van hulle verstaan nie die natuur van die staat nie. Aan die ander kant is meeste linkses so verknog aan die staat dat dit moeilik is om hulle ernstig op te vat. ‘n stelling soos die: “n Deel vannie oplossing sou wees om deugde soos welwillendheid, mededeelsaamheid, vrede-liewendheid en respek te bevorder.” – Goed ek stem saam , maar dit het niks te doen met ‘n staatsbestel of die onderhandelingsproses wat destyds plaasgevind het nie, dis bloot abstrakte waardes in die lug en geen van daardie deugde benodig ‘n staat om te bestaan nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s