Dit is die EED van Jong Suid-Afrika

deur Bennie de Klerk 1April 2012

“Me. Esmaré Weideman van Media24 sal sorg dat daar ten minste een “struggle”-liedjie soos “Skiet die Boer” of “Hulle is honde, maak hulle dood” by die jaarlikse Huisgenoot-skouspel gesing word.
“Ons is almal Suid-Afrikaners. Daarom moet ons dieselfde liedere sing en ‘n gemeenskaplike betekenis daarin vind,” het sy gesê.”

“Prof. Jakes Gerwel, direkteur van Naspers en Media24, het gesê: “Ons het besluit om namens alle Afrikaanses die ANC te nader om opnuut ons verbintenis tot nasiebou en versoening te bevestig. Ná ‘n openhartige gesprek, het ons konsensus verkry dat veral blankes voortaan op sigbare wyse bygestaan moet word om ‘struggle’-liedjies aan te leer en te sing.””

http://praag.co.za/nuus-magazine-402/afrikaanse-nuus-magazine-401/11391-ons-gaan-ook-struggle-liedjies-sing-se-afrikaanse-organisasies.html

Hierdie aangehaal, daardie gese en so meer, wil ek ook graag ‘n stuiwer in die armbeurs oftewel die “Struggle-liedjie-beurs” gooi…

1. Me. Esmaré Weideman, wat jy doen op jou KKNK byeenkoms is jou saak ; hoe meer jy en jou Naspers gebroedsels probeer om Volks-vreemde liedere en kulture in ons Wit Afrikaners se kele af te dwing, hoe meer sal ons dit teenstaan, hoe meer sal ons ons kinders weghou van jul kunsmatige en verdraaide geskiedenis. Jul jameragtige poging om die Afrikaner verder in die grond in te vergruis sal weer soos in die verlede klaaglik misluk – vra maar die Engelse. (En verseker is die ANC-regime nie groter of sterker as die Engelse Empire nie)

“Take a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for 50 years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots who gave up home and fortune and left their country for ever at the time of the revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon earth. Take this formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances under which no weakling would survive, place them so that they acquire exceptional skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is eminently suited to the huntsman, the marksman and the rider. Then, finally, put a finer temper upon their military qualities by an Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual, and you have the modern Boer, the most formidable antagonist who ever crossed the path of Imperial Britain.”

“The Great Boer War”, Sir Arthur Conan Doyle.

2.Prof. Jakes Gerwel, wie het JOU die spreekbuis van “alle Afrikaanses” gemaak? Magtig man, loop ploeg met jou eie verdomde kallers! Praat namens jou eie gatkruipende ja-broers! Julle is die mense wat sogenaamde nasie-bou en kastige versoening predik, maar wat geen benul het waaroor dit werklik gaan nie, jy rol nie elke nag slapeloos in jou bed rond en wonder wanneer word jy en jou gesin in jou huis vermoor nie, jy le nie wakker en bekommer jou oor jou kinders se toekoms in hierdie land wat met bloed gekoop is nie…net om die volgende oggend moeg op te staan en te probeer voortbou aan ‘n eenmansakie wat jy probeer opbou vir jou kinders se toekoms met die hoop dat die ANC-regime dit nie ook sal weg vat en jy eventueel met niks sal sit nie.

Daar is een goeie ding wat gebeur het na 1994…Ek kon rebeleer….Voor 1994 was dit “Ja Sersant, hoe hoog Sersant, watter boom en blaar Sersant?”, maar nou dink ek vir myself! En wat ek ervaar is rebelsheid, burgerlike ongehoorsaamheid! Alles aangevuur deur mense soos bo genoem.

My seun van 12 weet nie wie is Piet Retief nie, hy weet nie van die Slag van Bloedrivier nie, hy weet nie wat Gelofte dag is of wanneer nie. Hy weet nie wie is Racheljie de Beer nie, Wolraad Woltemade klink vir hom soos ‘n karakter uit Batman, het geen benul wie Dirkie Uys is nie. Volkshelde wat ingeruil word vir “Skiet die Boer”, “One setler, one bullet” ensomeer.

Die eerste “vryheidslied” wat ek vandag vir my seun gaan leer is “Die lied van jong Suid Afrika”. Ek het reeds vir hom ‘n windbuks gekoop ; volgens hom om blikkies te skiet, volgens my sodat hy vertroud met ‘n vuurwapen kan raak.

Prof. Jakes Gerwel weet dit, jy en jou Naspers ja-broers (FW de Klerk inkluis) sal eendag, dalk nie in hierdie lewe nie, moet rekenskap gee van jul volks-verraad, en moet nie amnestie of genade vewag nie…

DIE LIED VAN JONG SUID-AFRIKA

Woorde: EITEMAL; gewysig: P. MCLACHLAN

Musiek: HUGO GUTSCHE; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika,
dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.

Die klop van die Voortrekkerwawiel
het die eeue se rus verstoor;
die klank van die voorlaaierskote
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika,
dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika.

Waar songloed in glorie die berge
oor hul fronsende voorhoof streel,
waar ruisende wind oor die vlaktes
met grassaad kerjakker en speel,
die land wat ons vaders gekoop het,
met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika,
dit is die LAND van Jong Suid-Afrika.

Die golwende veld is ons woning
en ons dak is die hemelblou;
die Vryheid alleen is ons koning,
sy wagwoord is: “Handhaaf en bou”.
Die stryd wat ons vaders begin het
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika,
dit is die EED van Jong Suid-Afrika.

One thought on “Dit is die EED van Jong Suid-Afrika

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s