Die Internet ‘n ‘verregse bedreiging’

Geskryf deur sapa-ap   

Maandag, 06 Februarie 2012

Internetdiensverskaffers sal meer moet doen om te verhoed dat die web ‘n rol speel in die bevordering van gewelddadige ekstremisme, sê die Britse opstellers van ‘n verslag wat Maandag gepubliseer is.

Die internet het ‘n belangrike faktor in die koestering van ‘n ekstremistiese bedreiging geword, en oortref universiteite en tronke as ‘n plek waar gevaarlike idees ontwikkel en uitgeruil word, het die wetgewers gesê.

Die verslag dui op ‘n oplaaiende spanning in die VK tussen multikulturele voorstanders en teenstanders.

“Ons is steeds bekommerd oor die groeiende steun vir geweldadige ekstremisme en meer ekstreme en gewelddadige vorms van ver-regse ideologie,” het die departement van binnelandse sake in sy verslag gesê, ná ‘n nege-maande-ondersoek.

Die Home Affairs Committee, sê die internet “is nou een van die min ongereguleerde ruimtes waar radikalisering plaasvind” en speel ‘n groter rol in die bevordering van geweld as gevangenisse, universiteite of plekke van aanbidding – ‘n skerp teregwysing aan ander regeringsamptenare wat dié gebiede geïdentifiseer het as ‘n hoë risiko.

“Meer hulpbronne moet gerig word teen hierdie dreigemente en die voorkoming van radikalisering deur die internet en in private ruimtes,” sê Keith Vaz, voorsitter van die komitee. “Dit is die vrugbare broeiplek vir terrorisme.”

Die opstellers doen ‘n beroep op internetdiensverskaffers om meer aktief te wees in die monitering van sulke webtuistes en saam te werk met die regering vir die ontwikkeling van ‘n kode om enige materiaal wat geweld en ekstremisme bevorder, te verwyder.

Maar burgerlike organisasies het die voorstel verwerp en gesê howe, en nie “gesiglose amptenare” nie, moet besluit om aanlyn-inhoud te sluit of nie.

“Die vlak van monitering wat nodig is om so ‘n skema te beheer sal ‘n groot inbreuk op elke internetgebruiker se privaatheid beteken,” sê Nick Pickles, direkteur van groep Big Brother Watch. “Daar is ‘n ernstige risiko dat hierdie soort van sensuur nie net die internet minder veilig kan maak vir wetsgehoorsame mense nie, maar die werklike bedreigings ondergronds kan dryf en dit moeiliker kan maak om die publiek te beskerm.”

Die komitee het verlede jaar binnelandse sake se sekretaris Theresa May direk uitgedaag, wat gesê het dat universiteite en gevangenisse een van die mees kwesbare gebiede is. Sy het universiteite van selfvoldaanheid in die stryd teen die Islamitiese ekstremisme op die kampus beskuldig, en gesê opvoeders neem nie die probleem ernstig op nie.

Die nuwe verslag sê: “daar is selde konkrete bewyse” vir die koppeling tussen ekstremistiese sienings en universiteite. Hulle het egter nie uitgebrei oor die voorkeure van multikulturele sienswyses by sulke instellings nie.

Dit waarsku ook dat ‘n bedreiging van die heel regs kom – wat hoofsaaklik bestaan uit “eensame afvallige individue” – eerder as terroristiese georganiseerde eenhede.

Al die aanvalle die afgelope paar jaar op Britse grondgebied is nietemin tot dusver deur Moslemterroriste gepleeg.

One thought on “Die Internet ‘n ‘verregse bedreiging’

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s