Thabo Mbeki vetrou nie Twitter

Dinsdag, 17 Januarie 2012 17:49 sapa

Voormalige President Thabo Mbeki het Maandag gesê hy is skepties oor Twitter se vermoë om betroubare kennis oor te dra.

Mbeki het in reaksie op ‘n vraag na ‘n toespraak aan die Universiteit van Stellenbosch se Bestuurskool gesê hy dink dat die sosiale media-instrument nie geskik is vir kennis wat die verbetering van die samelewing behels nie.

“Ek is skepties oor hierdie idee dat Twitter ‘n bruikbare instrument vir die demokratisering van kennis is,” het Mbeki gesê aan die begin van die skool se kenniskonferensie.

“As jy kennis wil bevorder wat te doen het met die verbetering van die samelewing, dink ek nie dit is toepaslik nie.

“Selfs die internet in die algemeen, blogging en so aan, is nie die plek waar jy … al hierdie dinge in teorieë kan plaas nie.”

In sy toespraak het Mbeki bevraagteken of kennis “minder gedemokratiseer en meer gekompromitteer” as ‘n instrument vir die verbetering van die samelewing geword het. Hy het gesê tradisionele media-instellings is nie in staat om politieke retoriek te beheer wat die publiek “aan die brand” het nie.

Dit is moeilik om die eise en teen-eise te ondersoek, het hy gesê. Die konferensie moet kyk na hoe die valse kennis “bevorder” word deur groepe met agendas.

Hy het gesê dat “valse kennis” gebruik is om die Libiese leier Gaddafi te verwyder uit sy magsposisie.

“Valse kennis is versprei dat die Gaddafi-regime vir die slagting van miljoene burgers verantwoordelik was,” het Mbeki gesê.

“Dit het gelei tot die aanvaarding van die vliegspersone oor Libië wat weer gedien het as ‘n dekmantel om die Libiese regering omver te werp en ‘n regime wat goedgekeur is deur Westerse magte in hul belang te regverdig.”

Die Raad van Europa het ook beweer dat “valse kennis” oor ‘n varkgriep-epidemie in 2009 versprei is, sodat hoogs winsgewende farmaseutiese maatskappye voordeel daaruit kon trek.

Mbeki het gesê die media het baie invloed in Suid-Afrika.

“Dit word ‘n baie belangrike voertuig vir die verspreiding van kennis,” het hy gesê.

“Veral [waar] lesers genoeg vertroue in die media blyk te hê, sodat hulle dink as dit uit die koerant kom, is dit waar.

“Thabo Mbeki ‘n halfdosyn eiers gesteel uit supermark. Daarom is dit waar is, want dit kom uit die koerant.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s