Dink ‘n slag

Maandag, 16 Januarie 2012 06:05 Hans Richardt

Geen ANC-president het nog ooit ‘n gemengde huwelik gehad nie. Die les hieruit te leer, is dat swartes hoë agting vir hul eie en hul eie tradisies het. Boesak het nie ver in ANC gekom met sy wit vrou nie. Sexwale of Manuel gaan ook nooit president word nie.

Die les, wit vroue trou vir geld en status. Het Mandela ooit ‘n wit vrou gekyk of De Klerk na ‘n bruin vrou? Nee, want hul het nie die geloof gehad in wat hul gesmous het nie, soos luidende simbale en klinkende metale. Tog was daar die gekke wat gesoen het om te versoen of voete gewas het en nou met gebakte pere sit.

‘n Parodie met akteurs wat nie uit 7de Laan kom nie, oor al die swart politieke figure, met hul apartheideweknieë, kan dalk net die medisyne wees wat die land kan red. Miskien sien die politici dan die belaglikheid van hul metaantoesprake en -besluite in. Hulle het nou die bose teenpool van apartheid, naamlik gedwonge etniese amalgamasie bereik, wat net so groot misdaad teen die mensdom is.

Ek leer niks uit Oprah of Monique of Dr Oz of Dr Phil nie of al die ander belaglike TV-helde nie. Daar is te veel wesenlike genetiese en kulturele verskille. Buitendien, die inheemse Indiaanstamme in die VSA sit nog in ‘tuislande’ en onderdrukte kulture.

Die heersersklasse oral is uit voeling met hul kiesers. Demokrasie in die VSA is in elk geval net vir die ryk en berugtes/beroemdes. In Brittanje is dit die aristokrasie wat nog komkommertoebroodjies en koek eet. Frankryk het geen geduld met belaglike die smartiebokswêreld nie.

Vir diegene wat skaam voel oor die geskiedenis: Geen jammer gaan iets verander nie, want mens kan nie in regressie in die verlede leef nie, behalwe as jy Anton van Niekerk is wat die nuwe SA geniet.

Daar is gemeenskappe in Suid-Afrika wat openlik op sogenaamde geloofsgronde teen hul eie vroue diskrimineer en dit is die einste onderdruktes in hul eie groep wat die meeste metaan kwytraak oor vroueregte. Hierdie opsetlike misleiding is baie slim, want die wit afrikaanse man is altyd hul teiken. Hoe lank gaan wit mans nog hierdie straf verduur?

Julius Malema praat sakke vol metaan oor ‘apartheid’, wat hy en sy meelopers net op hoorsê beleef het. Enige swarte wat vanaf 1983 gebore is in hierdie land, het geen apartheid beleef nie. Hul is met groen ID-boekies na stembus in 1994, tog word metaan versprei oor stem met ‘n dompas. Dis blatante onsin, want ‘n groen ID-boek was enigste vereiste om te stem toe!

Dus, almal van 30 jaar en jonger het niks te sê oor apartheid nie. Maar misleiding op Media24, RSG en SABC neem blatante vergesogte afmetings aan, as opsetlike emosionele opswepery. Sonder ‘apartheid’ en wittes, het die politieke swartes niks meer om voor te strewe nie, behalwe om soos met tipiese Afrika politiek, mekaar se ondergang te bewerkstellig met blatante korrupsie en diefstal en neopotisme. Nie een van hul sê jammer nie, hul pleit net siek.

Ons is helaas ‘n volwaardige piesangrepubliek, want 17 jaar na demokrasie gaan kinders onder bome skool, sonder meubels en handboeke. Ten minste was hierdie goed op staatsonkoste voorsien tydens apartheid. Onthou dat die swart bevolking disproporsioneel gegroei het van 1994 af, met miljoene uit Afrika en Pakistan en van wie waar nog.

Die bietjie van die ‘voorheen bevoordeeldes’ wat hul skoolfonds getrou betaal het, moet nou gedeel word. Ek weet nie hoe die kloutjie by die oor gebring word met al die onlangse hofuitsprake nie, wat al in wese eintlik reeds nasionalisering is.

Kader Asmal se nalatenskap is ‘n gemors uit Indië wat totaal onversoenbaar is met die arbeidsmark van ‘n derdewêreldland. Almal wil deesdae ‘n nikswerdgraad by ‘n voormalige Afrikaanse universiteit kry. Hoekom? Is die Engels daar en die kennis van ‘n lae graad? Jy sit dikwels met ‘n kassier by Checkers, met n BA-graad in politieke wetenskap of tale.

Onderwyskolleges is deur Asmal geskrap om “diskriminasie” te verhoed, terwyl swart ouers daaroor gekla het dat hulle kinders nie daar kon studeer nie. Nou sit die land met ‘n reusagtige tekort aan opgeleide onderwysers en ambagsmanne.

Asmal se Hindunalatenskap, is opsetlike benadeling en diskriminasie teen SA se swart gemeenskap. Nou trap mense mekaar dood vir groter karre en salarisse met ‘n nuttelose stuk papier van worsstopperdosente. Almal wil Shakespeare lees, maar weet nie veel van uitvoere produseer nie. D is nie veel werd met 50% werkloosheid nie. Die hele onderwyssisteem het die demokrasie gefaal.

Ja, maar hulle het nou huise, hoor ek die ANC-ondersteuners brom. Jaarliks brand duisende af in die Weskaap. Behalwe dat die Xhosa’s almal plakkers is, met omtrent ‘n Hophuis in elke provinsie, is die boustyl van so ‘n aard dat dit brand bevorder. Ek sal ‘n ‘shack’ met ‘n staandak en stoep bou met materiale om die brandrisiko te verminder, soos die ou lokasiehuise gebou was. Vlamme het lug en suurstof nodig.

Maar die bouery moet einde kry. Die tyd van net huise en ‘grants’ gee in elke provinsie is twak. Die gemiddelde plakker uit die tuislande kan spog met beeste, bokke en grond daar. Maw, die middeletoets is ‘n mors van tyd, korrup en oop vir blatante uitbuiting.

Selfs wit afgetredenes plaas hul geld oor in kinders se name en besighede, en bly in hul kinders se woonstel en hul kinders betaal die kostes. Dan kry hul ‘n sakgeldjie van die staat. Dis ‘n verbrande las op die belastingbetaler se rekening. In beide gevalle bly korrupsie toegelaat deur die staat.

Die tuislandeiendom kom sonder kaart en transsport alhoewel dit die eiendom bly van die familie. Die staat betaal dan nog ‘n subsidie om ‘n huis te bou. Die armste van die armes is dikwels grondbaronne wat emosionele afpersing bedryf, met ‘n spoggerige kar langs die ‘shack’ en alle dienste gratis.

Al die swart diamante wat boonop niks terugploeg in hul gemeenskap waaruit hul kom nie, slaan my verder dronk. Veral na 2 presidente, bly die Oos-Kaap agtergeblewe raaisel.

Op ‘n ligter noot: Dis darem baie interresant dat gesigte van Umkontolede jonger word op die TV. Ek dink dat wittes ook maar ‘n kampstelsel moet begin, met behoorlike boslaan- en SWAT-opleiding, al word dit met verfbal of waterpistole en klappers gedoen.

Ek praat nie oorlog nie. Ek dink iets soos stedelike en landelike weerbaarheid. Die kampe moet met sonpanele en windkrag, windpompe en septiese tenks werk. Hoender- en skaapslag met brood en beskuit bak. Mense het meer vaardighede as net wapenopleiding nodig, bv eerstehulp en tuisverpleging. Mense moet enige situasie kan hanteer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s