Wie is die Afrikaner?

Danie Coetzee

Die vraag wie die Afrikaner is, lyk op die oog of maklik. As jy so-iets om die braaivleisvuur vra sal die meeste omstaanders jou ruimtetuig begin soek. As jy sulke vrae begin vra, kom jy heelwaarskynlik van ‘n ander planeet af.

Soos ou Dr Bakker van Garies by die venster uitgekyk het toe die matriekdogter se ma verduidelik dat dit onmoontlik is dat sy swanger kan wees. ” Die vorige keer wat dit gebeur het was daar ‘n ster aan die ooste” het hy ewe droog gesê toe die ma hom vra waarna hy soek.

Dit is egter belangrik dat ons binne eie geledere duidelikheid kry oor wie en wat ons werklik is.

Enigeen wat nie vir regstellende aksie kwalifiseer nie is ‘n goeie vertrekpunt.

Enigeen wat voor 1994 stemreg gehad het, is ook ‘n verstaanbare definisie.

Hierdie groep sluit egter al die ja-stemmers, hensoppers en verraaiers in.

Afrikaanssprekendes van Europese herkoms is ‘n ander beskrywing.

Sou dit die afstammelinge van die Engelse waarteem ons voorouers moes veg om vryheid, insluit? Wat van Oos-Europa , die Russe en die Amerikaners? Wat van afstammelinge van Europeërs waarvan die voorsate hul oorsprong uit Afrika het?

Almal wat Afrikaans praat en Christelike waardes aanhang sluit weer persone in wat nie volgens die populere beskouing ware Afrikaners is nie.

Wat ons in gedagte moet hou in ons strewe na selfbeskikking is:

Hoe minder steun, hoe kleiner is die grondgebied waarop aanspraak gemaak kan word.

Vryheid is die hoogste vorm van gebondenheid want jy moet jou vryheid so bestuur dat dit niemand anders se vryheid benadeel nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s