Polisie is medepligtig aan plaasmoorde

Geskryf deur Marius Harding   

Geagte volksgenote,

Oor die afgelope tyd het daar ‘n hele paar nuusberigte verskyn wat bevestig het dat die polisie betrokke is by plaasmoorde. Dit klink seker vir die leser na ‘n wilde stelling, maar dit is die waarheid.

Kom ek stel dit so: Die staat is nie ‘n fiktiewe, denkbeeldige ding nie, maar bestaan uit mense wat in diens van die staat is en die staat verteenwoordig wanneer hulle aan diens is. ‘n Polisiebeampte verteenwoordig dus die hoof van die polisie wanneer hy aan diens is, asook die minister. (Toets gerus my stelling; eise teen oortredings van polisielede word teen die minister ingestel)

Kom ons beskou die ET-saak van naderby. In die hof, onder eed, verklaar die een sersant (sers. Jack Ramonyane) dat sy oorsproklike verklaring vals is, en hy verklaar ook verder dat die ondersoekbeampte kapt. Tsietsi Mano hom gedwing het om dit te doen.

Die staat is die aanklaer in kriminele sake (by monde van die staatsaanklaer) en maak staat op staatsgetuienis en veral die ondersoekbeamptes om skuld te bewys teen misdadigers. Die staatsaanklaer is geheel afhanklik van die inligting voorsien deur die ondersoekbeampte. (‘n Staatsaanklaer het nie sy eie ondersoekspan nie). Indien die ondersoekbeampte dus die saak vol gate aan die staatsaanklaer voorlê sal die skuldige skotvry daarvan afkom ten spyte daarvan dat behoorlike getuienis wel tot skuldigbevinding sou kon lei.

As ons nou kyk wat gebeur in die saak van ET se moord dan sien ons die volgende:

1. Polisiebeampte wat die moordtoneel eerste besoek en onder eed erken dat hy ‘n valse verklaring gemaak het.

2. Die ondersoekbeampte wat die saak moet ondersoek het die polisiesersant wat die toneel eerste ondersoek het, gedwing om valshede kwyt te raak.

3. Beide hierdie polisiemanne was aan diens en verteenwoordig amptelik die polisie en die regering.

4. Die verdediging sal aanvoer dat beide hierdie se getuienis nie aanvaar kan word nie, met ‘n moontlike gevolg dat die moordenaars kan vrystap ten spyte daarvan dat hulle aanvanklik skuld beken het.

Maak die publiek bewus van hierdie feite, en stuur dit aan die media: Die SAPD is amptelik besig met ‘n Volksmoord teen boere!

Om my argument te versterk noem ek dit aan u: Indien jy in ‘n winkel instap en ‘n werker aan diens gee ‘n prys vir ‘n item, is dit afdwingbaar, omdat hierdie persoon die besigheid verteenwoordig. Dieselfde beginsel geld vir die regering.

1. Ek rig hiermee ‘n versoek aan Afriforum om as Burgerregte organisasie aksie te neem in belang van die Suid Afrikaanse gemeenskap.

2. Ek doen ‘n beroep op radiostasies om die juistheid van my feite te ondersoek en aan die publiek bekend te maak

3. Ek doen ‘n beroep op politicie om hierdie inligting aan hulle ondersteuners deur te gee.

4. Ek doen ‘n beroep op volksmanne en gemeenskapsleiers om hul volgelinge bewus te maak daarvan dat die polisie hul amptelike vyand is, en medepligtiges is aan volksmoord.

5. Ek doen ‘n beroep op vriende om hierdie te oorweeg en verder te versprei ten einde ‘n poging aan te wend om druk uit te oefen dat hierdie situasie verbeter.

6. Ek doen ‘n beroep op ons Almagtige Vader om ons straf te verlig, die straf is swaar en ek pleit vir genade alleen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s