Ek is ‘n Afrikaner!

Geskryf deur Philip van Staden   

Die einde van die DA gaan eerskomende Donderdag aanbreek wanneer die DA-koukus ‘n nuwe swart parlementêre leier gaan aanwys. Die swart dame waarmee die media so ingenome is, gaan die einde beteken van die Afrikaner binne die DA. Die leuen wat die DA die afgelope 18 jaar vir ons mense verkondig, se terminale fase het uiteindelik aangebreek.

En die Afrikaner wat wakkerskrik uit sy DA-betowering en uit sy hok gelaat word, is voorwaar ‘n onstuitbare krag.

Ek is ‘n Afrikaner! Ek is ‘n Afrikaner asook ‘n trotse VF-ondersteuner en ampsdraer van die party want die VF is die enigste Afrikanerparty wat veg vir die ideale en behoud van my mense se taal, kultuur, oorlewing en Christenskap. Ek is nie bang om te wys dat ek ‘n troste Vryheidsfronter en Afrikaner is nie. Dit is daarom dat ek onbeskaamd staan vir die beginsels van die VF Plus soos vervat in artikel 03 van die party se grondwet.

Ek haal aan: ” Die VF+ is eerstens onherroeplik verbind tot die verkryging van die Afrikanervolk se vryheid in ‘n volkstaat onder ‘n eie regering en tweedens tot die beskerming en uitbouing van die regte en belange van volksgenote wat hulle binne en buite die volkstaat bevind.”

Ek beskerm hierdie artikel in die party se grondwet en om hierdie party, mý party en elke Afrikaner se party, te probeer oopdwing om ‘n tweede DA tot stand te bring is nie vir my aanvaarbaar nie. Daar was al enkele stemme wat opgegaan het in dié verband. Volksgenote, ek sê weg daarmee!

‘n Tweede DA gaan nie werk nie want die ander minderhede in Suid-Afrika stem reeds vir die DA en ANC en gaan nie die DA of ANC los om by die VF+ in te skakel nie. Vergeet daarvan en kom ons konsentreer eerder op wat ons veronderstel is om te doen soos wat Artikel 03 van die party se grondwet dit vir ons stel. Kom ons keer terug na ons missie, want dan sal die Afrikaner ook terugkeer na die VF Plus!

Jy hoef nie in Orania te gaan bly om oor jouself te regeer nie. Jy kan selfbeskikking ‘n werklikheid maak in die gemeenskap waar jy woon deur gebruik te maak van artikel 185 en 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet. Jy kan werklikhede skep in jou eie gemeenskap. Jou gemeenskap kan net soos Orania ook ‘n groeipunt wees vir selfbeskikking. In Pretoria is ons reeds besig om hierdie model ‘n werklikheid te maak. Die lewe bestaan uit keuses, Vir die Afrikaner is dit nie anders nie. Daardie keuses behels die volgende:

* Ons sal moet kies tussen Volksbestaan of om verder ondergeploeg te word onder misdaad, liberalisme, sosialisme en op die ou einde doodgewone, harde, koue kommunisme.

* Ons sal moet kies tussen Christelike Nasionalisme of ‘n verwerplike toring van Babel.

* Ons sal moet kies tussen vrye selfbeskikking in ons eie staat of volksvreemde oorheersing waar volksmoord deel is van ons alle daagse bestaan.

* Ons sal moet kies tussen ‘n eie Vaderland met eiendomsreg in ons eie land onder ons eie regering hetsy in die vorm van ‘n kantonstelsel hetsy binne ‘n vrye onafhanklike republiek.

Ek skep nie drome nie maar ek staar die daaglikse werklikhede in die gesig.

Ek is ‘n Afrikaner! Ek is ‘n Vryheidsfronter! Ek soek my eie onafhanklike gemeenskap of Republiek!

Help my om die VF Plus die magtigste Afrikanerparty te maak wat hierdie land nog in sy geskiedenis gesien het! Help my om die Afrikaner weer trots te maak om Afrikaner te wees! Help my om die denkwyses wat die DA en ANC by ons mense tuisgemaak het te vernietig! Help my dat ons weer terugkeer op die regte pad sodat ons ophou om na strooihalms te gryp! Ek stuit nie vir die ANC of die DA nie! Ek stuit nie vir liberalisme, sosialisme of kommunisme nie!

Ek is ‘n Afrikaner!

Rdsl. Philip van Staden

VF Plus Pretoria Leier

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s