Die Wasmasjiensensus

Geskryf deur Anton Barnard   

Suid-Afrika se sensusse is veronderstel om elke 5 jaar plaas te vind. Daar was dus in 1996 ‘n sensus, twee jaar ná die ontstaan van die NSA-gedrog. Daar was weer een in 2001, maar toe begin kaderontplooiing en transformasie ook in Statistiek SA sy onafwendbare impak hê. Daar was dus nog bekwame amptenare van die ou bedeling oor in 1996, in 2001 was daar minder van hulle, en in 2006, toe die volgende sensus moes plaasvind, is al die bekwames etnies gereinig en vervang met regstellende aksie-statistici vir wie die normaalverdeling iets is wat ander mense verstaan. Die sensus in 2006 het dus nooit plaasgevind nie.

Sensusse in lande met grensbeheer maak nog sin. In ‘n land soos Suid-Afrika, waar die vigsbesmette SANW se soldate eerder deelneem aan muiterye of seksuele eskapades met hul kamerade, is grensbeheer egter ‘n grap, en stroom miljoene Zimbabwiërs, Kongolese en al wat ‘n dwelmhandelaar uit Lagos is, na hartelus oor die grense, teen ‘n koers van ‘n miljoen of meer per jaar. Tel jy vandag almal in Suid-Afrika, is daar môre 3000 meer, wat oornag oor die grens gesluip het.

Selfs die getransformeerde Statistiek SA besef dit, en het nou skynbaar besluit om eerder ‘n wasmasjiensensus te hou. Die 2011-sensus gaan dus klaarblyklik nie meer oor mense nie, maar oor toestelle; oor wasmasjiene, DSTV-dekodeerders en plasmaskerms. Bladsy na bladsy van die 2011-vorms vra vrae wat niks met demografie te make het nie, en alles met marknavorsing. Mens sou sweer die Suid-Afrikaanse Advertensienavorsingsstigting (Engelse akroniem SAARF) het ‘n coup d’etat uitgevoer by Statistiek Suid-Afrika.

Die SAARF doen kommersiële navorsing. Hulle stel belang in verbruikersake en bestedingspatrone. So ook klaarblyklik Statistiek Suid-Afrika en laasgenoemde se politieke meesters. Die SAARF publiseer opnames soos die AMPS-opname (All Media and Products Survey), wat onder andere kyk na die radio- en TV-stasies waarna mense luister en kyk. Die mees bekende produk van die SAARF is die LSM (Living Standards Measure) wat mense kategoriseer in terme van lewensstyl en inkomste, op ‘n skaal van 1 tot 10. Op laasgenoemde skaal is iemand in ‘n blanke plakkerskamp by 1, terwyl die ANC se gierige, kriminele trogvarke waarskynlik by 1000 trek. Hoe dit ook al sy, die 2011-sensusvorm lyk baie na een van SAARF se opnames.

Nou goed, die SAARF se klandisie is maatskappye wat produkte aan mense wil smous. Dit is heeltemal verstaanbaar dat ‘n maatskappy sou belangstel waarna ek luister op my motorradio, ten einde sy advertensies te kan teiken op die regte gehoor. Waarom sou ‘n regering egter wou weet of ek ‘n wasmasjien het? Wat het dit met hom te doen of ek SABC of DSTV op my TV kyk? Ek is bevrees dat daar ‘n wesentlike agterdog by my bestaan dat daar uiters verdagte motiewe agter Statistiek SA se vreemde vrae is.

Statistiek SA beweer eweneens dat die persoonlike detail op p 1 van die sensusvorm kwansuis nie gekoppel word aan die res van die ellelange vorm nie, maar slegs die mees naïewe indiwidu sou daardie bewering op sigwaarde aanvaar. Al die bladsye van ‘n sensusvorm het strepieskodes, en selfs ‘n getransformeerde IT-kader sal verstaan dat dit triviaal eenvoudig sou wees om die res van die vorm met die eerste bladsy te kan koppel.

Die mees onskuldige verklaring wat ek kan bedink, is dat Statistiek SA die sensusdata aan kommersiële kliënte wil verkoop, soos wat SAARF maak. Statistiek SA maak inderdaad alreeds vir jare so, maar met demografiese data. Sou Statistiek SA homself egter nou met my belastinggeld omvorm het in ‘n kommersiële marknavorsingsmaatskappy met winsbejag, het ek ‘n enorme probleem daarmee. Dis onaanvaarbaar dat die staat met die privaatsektor kan meeding met my belastinggeld. Ek is egter meer bekommerd dat hierdie skielike fokus op mense se besittings ‘n veel, veel meer duistere motief het as die reeds-onaanvaarbare kommersialisering van sy bedrywighede.

Gaan die ANC byvoorbeeld die rasgroep op die vorm aan die besit van ‘n wasmasjien koppel, en dit dan as ‘n voorwendsel gebruik om te “bewys” dat blankes steeds te veel besit, ten einde die koddige mannetjie met sy skril stemmetjie in die pers rok se blanke belasting op ons af te dwing?

Gaan Statistiek SA met behulp van sagteware soos SAS ‘n vergelyking doen tussen wat jy op jou vorm aangedui het jy besit, en jou inkomste wat jy ook op die vorm aangedui het, en dit dan aan die SAID deurgee, sodat jy ‘n belastingoudit te wagte kan wees?

Statistiek SA beweer weliswaar dat hierdie inligting vertroulik is, maar gegewe wie in beheer van sake is, is ek allermins oortuig en moet ek weer eens vra wat die motief agter die ernstige skending van ons privaatheid en irrelevante vrae op die sensusvorms is.

One thought on “Die Wasmasjiensensus

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s