Volksmoord: dit gebeur!

Na aanleiding van die afgelope week se plaas-moorde waar vier onskuldige en weerlose mense sinneloos afgemaai is, plaas ek weer hierdie skrywe.

Geskryf deur JH du Toit   

Donderdag, 22 September 2011

Nog tot verlede naweek het ek gedroom om terug te keer na Suid-Afrika. Hierdie week het sekere dinge egter vir my begin duidelik raak. Soveel as wat ek wil glo dat die ergste nie in SA gaan gebeur nie, begin dit al meer so lyk.

Dis min dat ek so seker is van my interpretasie van gegewens. Wel, miskien is dit nie eens ‘n interpretasie nie maar bloot die besef dat gebeure besig is om vinniger te beweeg as wat selfs ek sou kon dink.

Oor die afgelope paar weke het ek iets begin doen wat ek al lankal moes gedoen het. Ek het toenemend die Engelse koerante begin lees. Dis veral die skokkende eerlikheid van gematigde (en radikale) swart rubriekskrywers wat my laat steier het onder wat buite die Afrikaanse dampkring bespreek word. Dis nie net ons wat die onweerswolke sien nie. Ons land is in ‘n baie groter gemors as wat Naspers, selfs PRAAG en ook die hordes Bybelversbesaaide regse blogs dit uitbeeld. Om dit pront te stel: SA is in drieletterwoordstraat.

Gaan lees maar Justice Malala se jongste rubriek in die Londense Guardian. Dis ‘n riller. Dis nou wel nie sy woorde nie, maar my eie opvatting daarvan:  Juju is Bloemfontein. Volgens Malala is Melema reeds Suid-Afrika se skadupresident of “president in waiting”.

Op die koop toe kry ek Maandag ‘n baie onstellende brief van dr. Gregory Stanton van Genocide Watch. Wel, ek wil nie ‘n brief wat aan my persoonlik gerig is woord vir woord aanhaal nie, maar kortom: Die mense by Genocide Watch tywfel nie eintlik meer of daar ‘n volksmoord in SA gaan wees nie. Dit blyk dat dit vir hulle ‘n gegewe is.

Vir my is dit klinkklaar dat ons primêre doelwit nie meer moet wees om oor volkstaatmodelle te redekawel nie. Die tyd is op! Ons hoofdoel moet wees om sterftes te voorkom. Ek is werklik daarvan oortuig dat daardie organisasies wat hulle met die Afrikaners se veiligheid bemoei, vinnig geraadpleeg moet word.

Dis hoe erg dit is!

Diegene wat mense voorberei het om in die uur van nood vinnig die voorstede te ontruim en diegene wat mense opgelei het om hulself te verdedig, sal vinnig met mekaar moet koördineer. Klaarblyklik gebeur dit reeds. Dank die Vader daarvoor!

My advies aan Afrikaners wat nog in SA is, is soos volg. As jy nie kans sien om te leer hoe om ‘n wapen te hanteer nie of hoe om met kampeertoerusting te oorleef nie moet jy jou paspoort regkry en vinnig. Moenie wag tot die chaos uitbreek nie want jy sal nie by die lughawe uitkom nie.

Stuur die kinders en die oues betyds landuit. Maak kontak met vriende en familie in die buiteland. Die weerloses gaan ‘n afklimplek benodig. Vergewis jou van die land waarheen jy beplan om te vlug se asielprosedure.

Vir diegene wat nie kans sien om die land te verlaat nie, sorg dat jy inskakel by daardie groepe wat weet hoe om so ‘n krisis te hanteer. Kry jou opleiding en toerusting nou. Jy kan nie langer wag nie.

2 thoughts on “Volksmoord: dit gebeur!

  1. Ek sit maar my kommentaar wat ek by Turksvy se blog gelos het net so hier:

    Ek dink mens kan gemoedsekerheid hê oor wat in SA gaan gebeur in die afsienbare toekoms, en so ek hoop ek kan nou dit reg kry om oortuigend te wees.

    Aaklige dinge gebeur al baie jare lank al tydens plaasaanvalle en huisaanvalle, want daar is wrede misdadigers in SA. Ons sou kon weet dis nie net teen wit mense of Afrikaners gemik nie; as ons koerante getrou oor alle misdaad berig het, sou almal geweet het dat wrede misdade ook in swart woonbuurte en plakkerskampe gepleeg word. Daar is wel aanvalle op plase en so wat nie net vir diefstal is nie, maar ook uit rassisme of wraak is.
    Hierdie soort aanvalle kan toeneem in tye waar dit elemente in die ANC pas om rassisme op te kook.
    Dis hoe dit nou is – ek kry die idee misdaad en plaasaanvall is nie heeltemal so erg as ‘n paar jaar gelede nie, maar dit sal seker min of meer bly soos nou vir die volgende klompie jare.

    Maar dis al.

    Daar is regtig geen rede om te glo dat die regering ‘n volksmoord beplan teen wit mense nie, en daar is baie goeie redes hoekom dit tot hul nadeel sou wees om dit te doen. Die ekonomie sal in duie stort, daar sal nie elektristeit wees nie, die Rand sal niks werd wees nie.
    Hoekom sal die ANC elite wat nou so lekker lewe dit wil toelaat? Daar is eenvoudig geen rede nie.

    Net soos jy Amerikaners kry wat glo hul eie regering het die 11 Sept aanvalle gereel het, of dat ruimtewesens soms mense kom oplaai met hul vlieende pierings om toetse op hulle te doen of seks met hulle te hê, gaan jy seker maar altyd mense soos die Suidlanders hê. Die dinge wat hulle glo verklap meer van hulself as van enige iets anders. Die meerderheid Suid-Afrikaners is gematig, gekant teen geweld, en wil maar net ‘n bestaan maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s