Nasperskoerant publiseer leuens en antiwit haat

Vrydag, 19 Augustus 2011 10:33 Praag

Terwyl liters ink oor die afgelope weke gestort is oor die redaktrise van City Press, Ferial Haffajee, wat deur Eric Miyeni van The Sowetan aan sogenaamde “haatspraak” blootgestel is, is nóg Haffajee nóg City Press onskuldig wanneer dit by die verspreiding van leuens en antiwit haatpropaganda kom.

Tot redelik onlangs het City Press die radikale antiblanke rubriekskrywer Andile Mngxitama in diens gehad. Kort ná die moord op Eugène Terre’Blanche verlede jaar het Mngxitama ‘n artikel in City Press onder die titel Blacks in bondage gepubliseer wat tot ‘n klag by die Persombudsman gelei het. Nie net het Mngxitama die moord op Terre’Blanche vergoeilik deur sy jong moordenaars as helde voor te stel nie, maar hy het ook valslik beweer dat die kommunistiese burgemeester van Ventersdorp, Kabelo ­Oupakie Mashi, in ‘n “onopgeloste moord” deur “blanke regses” vermoor is.

‘Terre’Blanche se moordenaar was kaalvoet, soos Jesus Christus’

In sy City Press-rubriek beskryf Mngxitama een van Terre’Blanche se jong moordenaars as “kaalvoet, soos Jesus Christus”. Volgens Mngxitama “sien ons ‘n nuwe tipe swart jeug – wat in ‘n hoek gedryf is. Wie ook al ET vermoor het, word hier as ‘h held gesien wat groter is diegene wat in ballingskap gegaan of wat tyd op Robbeneiland deurgebring het deur klippe te kap. Dis wat ‘n mens hoor by die mense van Tshing. ET was die grootste simbool van blanke baasskap, maar hy is deur blote kinders doodgemaak.”

Terwyl die Persombudsman bevind het dat die beskrywings en vergoeiliking van die moord op Eugene Terre’Blanche geensins die Perskode oortree nie, het hy tog gemeen dat die vals inligting oor die “onopgeloste moord” op Mashi nie heeltemal goeie joernalistiek is nie. City Press het naamlik in sy eie blaaie op 28 Maart 1999 berig oor Mashi se moordenaar, Johannes Bota Monatle, wat deur die polisie aangekeer is. Monatle, soos sy naam ook onthul, was geen “blanke regse” nie, maar ‘n swartman en vriend van die vermoorde”. City Press skryf self: “Ná ‘n intensiewe opsporingstog van vier dae deur die polisie is Monatle gevind en, volgens die polisie, het hy Mashi se wurm-gevrete lyk aan hulle uitgewys, op die plek waar hy Mashi se selfoon weggesmyt het, tesame met die mes, die vermoedelike moordwapen.”

Dog elf jaar later publiseer City Press Mngxitama se antiwit haatspraak en propaganda, waaronder die valse bewering dat Mashi deur “wit regses” in ‘n sinistere “onopgeloste moord” vermoor is. Hofrekords toon dat regter Van Oosten die moordenaar, Monatle, op 27 November 2000 tot twintig jaar tronkstraf vir die moord en vyf vir roof gevonnis. Hoewel die koerante soos The Star, Beeld, Citizen, Sunday World and Sunday Independent wyd oor die verdwyning van Mashi en die daaropvolgende inhegtenisname van Monatle berig het, het niemand egter oor sy skuldigbevinding en vonnisoplegging berig nie.

Hoewel Mngxitama nie meer vir City Press rubriekskrywer is nie en deesdae vir The Sowatan meningsartikels skryf, het hy in sy tyd by City Press van sy mees ekstreme antiblanke propaganda gepubliseer. Naspers, wat gewoonlik gou is om die vinger te wys na blanke “rassisme” wanneer dit kom by enige debat oor geweldsmisdaad in die land, het al Mngxitama se artikels klakkeloos geplaas, so klakkeloos dat selfs feitelike onjuisthede nooit gekontroleer is nie.

Andile Mngxitama hou met sy veldtog teen Afrikaners en blankes in die blaaie van The Sowetan aan. Hy hou ook toesprake op kampusse waar hy jong swartes teen blankes opsweep. Hy verkeer voltyds in diens van die Suid-Afrikaanse Stigting vir Menseregte as “beleidsraadgewer”. Die Stigting vir Menseregte word deur die Europese Unie en deur die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling befonds.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s