Die onverwagte revolusie

Maandag, 15 Augustus 2011 07:06

Anton Barnard

Oor die afgelope jaar of wat het die pessimisme oor Suid-Afrika merkbaar toegeneem, veral na aanleiding van die gerugte oor nasionalisering van die myne en banke. Afro-pessimisme, ook oor die mislukte sogenaamde reënboognasie, is egter niks nuut nie. Veral die meer ekstremistiese regse organisasies koester donker fantasieë oor ‘n rasse-oorlog en maak gevolglik planne om kos op te gaar en oor hoe hulle op ‘n heroïese wyse op die trappe van die Voortrekkermonument sal sneuwel. Baie van hierdie selfde regse organisasies beleef ook emosies wat wissel van ongeloof tot intense frustrasie omdat die meeste blankes so passief en onbetrokke is. Politieke analiste soos professor Steven Friedman, daarenteen, lewe in vrees en bewing vir ‘n opstand deur die swart onderklas, diegene wat buitebande en biblioteke brand agv die ANC-regime se fundamentele onbekwaamheid en korrupsie.

Ek is egter van mening dat die rewolusie in Suid-Afrika op ‘n onverwagte wyse sal plaasvind. George Orwell het die opmerking gemaak dat rewolusies deur die middelklas gelei word, en nie deur die lumpenproletariaat nie. Alhoewel baie mense ‘n opstand deur die swart onderklas vrees, meen ek dat die opstand eintlik gaan kom vanuit die blanke middelklas. ‘n Suksesvolle rewolusie benodig organisasie en bronne, iets wat swart oproeriges wat klippe gooi agv swak dienslewering nie tot hul beskikking het nie. Lech Walesa se Solidariteit-vakbond in Pole se lede was nie die armstes van die armes nie, maar eerder die Poolse werkersklas. Solidariteit se verset, verlammende stakings en dapper optrede in Pole se dokke het regstreeks bygedra tot die val van die kommunisme in die ganse Oosblok.

Blanke ontevredenheid is weliswaar aan die oplaai sedert 1994, maar die ANC se veldtog teen die blankes was tot op hede meestal passief verdra deur die blanke slagoffers daarvan. Ons mor weliswaar om braaivleisvure oor regstellende aksie, maar bykans niemand verset hulle op aggressiewe wyse teen die skreiende rassisme wat die ANC-regime se ideologie van rassistiese transformasie verteenwoordig nie. Hierdie passiewe toedrag van sake gaan egter binnekort tot ‘n einde kom. Die Nasionale Demokratiese Rewolusie, die ANC se Sowjet-geïnspireerde program van die omvorming van Suid-Afrika na ‘n kommunistiese hel, is besig om momentum te kry, en die voorbodes raak by die dag donkerder. Die NDR gaan blankes regstreeks in ons beursies tref, en dit het die potensiaal om dinge tot op ‘n breekpunt te dryf.

‘n Blogger op Business Day se werf het byvoorbeeld bereken dat ‘n huishouding wat ‘n relatief-beskeie salaris van R400,000 per jaar verdien , ‘n salaris wat kwalik eens een van Julius se motorpaaiemente sal kan betaal, iets soos R60,000 per jaar aan addisionele belastings moet opdok om die waansinnige Nasionale Gesondheidsversekeringsprogram (NGV) van die ewe kranksinnige ANC-regime te moet befonds. Daardie miljarde sal ongetwyfeld deur kaders gesteel of verkwis word, want ‘n ANC-kader se bestuursvaardighede is soortgelyk aan die sokkervernuf van hulle nasionale span. Koppel hieraan die eweneens-kranksinnige Eksdom-prysverhogings en verregaande Gautengse tolpadtariewe, en dit is duidelik dat die ANC uit is daarop om die grootliks-blanke middelklas leeg te tap en finansieël uit te mergel. Ek ken bitter min huishoudings wat R400,000 bruto per jaar verdien, wat dan sowat R20,000 per maand netto huistoe neem, en wat sommer maar net ‘n addisionele R5000 (en dit om aan die massas sonder seksuele selfbeheersing vyfster-gesondheidssorg te verskaf), nog R1000 aan tolgelde, en nog R1000 per maand ekstra aan elektrisiteit kan spandeer, sonder om bankrot te speel of om selfs hulle huise te verloor. Hierdie kranksinnige belastings impliseer vir só ‘n huishouding iets soos ‘n 40% daling in netto inkomste. Hierdie belastings beteken kortom die vernietiging van die Suid-Afrikaanse middelklas en derhalwe ook die ekonomie as geheel.

My voorspelling is gevolglik dat ons ‘n nuwe tydvak in Suid-Afrika gaan betree, een wat baie gaan herinner aan Cosatu se verlammende stakings en die UDF se verset in die jare tagtig. Dit gaan baie mense verras, omdat die opstande vanuit blanke geledere sal kom. Daar is weliswaar ook swart lede van die middelklas, maar agv swart rassesolidariteit sal hulle nie noodwendig in opstand kom teen die ANC-regime nie. Hierdie opstande gaan veroorsaak word deur desperate ekonomiese omstandighede. Dit gaan blankes wees wat hulle op allerlei wyses gaan verset, wat kan insluit belastingboikotte, stakings, burgerlike ongehoorsaamheid ensovoorts. Mnr Gary Ronald van die AA het byvoorbeeld alreeds voorspel dat motoriste hulself gaan verset teen die kranksinnige Gautengse toltariewe dmv burgerlike ongehoorsaamheid. Bid jou aan – die Outomobiel-Assosiasie se voorsitter, van alle mense, praat rewolusie!

Daar is niemand so ryp vir opstand en rewolusie as iemand wie se lewensstandaard by hom weggeneem word deur ‘n regering wat hy alreeds verag se optrede nie, en dit is presies wat in Suid-Afrika gaan gebeur. Die gefrustreerde regses se geledere gaan eensklaps aangevul word met miljoene voormalig-middelklas blankes, wie se lewensstandaard by hulle weggeneem is deur die ANC-regime se kommunistiese waansin. Daar is niemand so gevaarlik as iemand wat in ieder geval niks het om te verloor nie, en wat weet wie het hom na daardie toestand gereduseer.

Vandag ‘n DA-stemmer wat nie ag slaan op Rooi Helen se klakkelose heldeverering van kommuniste of haar bewondering van die Freedom Charter nie.

Môre ‘n anti-kommunistiese rewolusionêre.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s