Die moord op Santie Visser, of die bron van swart rassehaat

Geskryf deur Bert Oosthuizen

Die situasie vir blankes in Suid Afrika kan vergelyk word met ‘n wulpse, maar jong en weerlose student wat verdwaal en haarself in ‘n donker agterstraatkroeg bevind. Omring deur vuil, onwelriekende tange wat haar soos kwylende diere aangluur, sit Santie Visser eensaam by ‘n tafeltjie, tuur beangs voor haar uit en wag vergeefs vir die vriend wat tot haar redding moet kom.

“Hoekom het ek ooit ja gesê? Hoe kon ek ingestem het met Frederik se roekelose planne?” wonder sy selfverwytend. “Hy het belowe ek sal veilig wees, dat hy hier sal wees vir my.…Hy is al ‘n uur laat!” Frederik is ‘n nuwe kennis, so anders as haar eng, vaal, konserwatiewe vriendekring.

Met sy kaal kop, Afrikastyl- kaftanhemde en eksotiese idees het hy hierdie Boeremeisie se hart vinniger laat klop. Hulle is sielsgenote! Soos Santie is Frederik ‘n liberale “Afrikaanse”. Nes Santie haat en verag hy die agterlike, rassistiese Afrikaners, en skaam hy hom vir die verdrukkende Nazi-agtige Calvinisme van sy mense. Wel, nie meer sy mense nie! Nes Koos Kombuis het hy ook uit die Afrikanerdom bedank en hom volmondig by die ANC aangesluit.

Santie het nog nooit ‘n egte sjebien in ‘n lokasie besoek nie, en Frederik het dit soos ‘n ware avontuur laat klink! Dit sou alles deel wees van haar opvoeding vir haar nuwe multikulturele lewe. “Miskien het die taxi net my by die verkeerde plek afgelaai,” wonder sy.

Agter haar raak die vieslike aanmerkings al harder, al meer gewaagd. Sy verstaan nie die “township-taal” nie, maar maak enkele woorde uit. “Maghosha…umhlungu…lekgoa…white bitch…”Haar angs groei nou vinnig. Daar is selfs ‘n dierlike gesis en gromgeluide wat iemand maak. Is hierdie mense dan mal? Frederik het haar verseker die township-mense is so warm, vriendelik en omhelsend, en sy het nie vir een oomblik rede gehad om hom nie te glo nie. Alles wat Frederik gesê het, het so mooi ingepas by wat sy oor die jare gesien het op Sewende Laan, Egoli; gelees het in Huisgenoot, gehoor het by dominee Heyns tydens Sondagdienste. Maar dit strook nie met hierdie ervaring nie. Santie is nou skoon oorbluf maar is slim genoeg om te besef: haar wit vel is nou haar uniform en sy is diep agter die vyandelike linies.

Opstaan en uitloop is nie ‘n opsie nie…die steeg is teen dié tyd pikdonker. Bowendien, die groepie jeugdiges wat haar al koggelend vir ‘n paar blokke gevolg het, wag steeds buite. Sommige het selfs binnegekom en een staar nou grynsend in haar rigting terwyl hy met sy Okapi-mes speel. “Ag vader, as ek tog net nie my gaspistooltjie tuis gelos het nie…het ek ‘n kans gehad…moes vir pa geluister het,” dink sy wanhopig. “Kan ek dit waag om my selfoon hier uit te haal? Ek kan nie eers waag om badkamer toe te gaan nie. Laat ek nou vir Pa bel. Hy gaan woedend wees.” Sy haal die foon uit en begin skakel.

Skielik vlieg ‘n dronk lummel op en baan sy weg na haar toe. “Hows a kissj miessj,” prewel hy en druk sy smerige vingers deur haar blonde hare. Sy ruk wild haar kop weg, gewalg deur die drankwalms en fisieke aanraking. Sekondes later volg sy drie makkers hom, en omring haar. Een gryp haar hardhandig aan die pols, die ander glip sy vuil hand onder haar somerrok in. Santie gil en klap woes na haar aanvallers. Een gryp haar selfoon en storm weg met sy logge vet lyf, met die ander drie steierend agterna. Ná ‘n wilde gestoei blaas die ander drie die aftog, en loop-val terug in Santie se rigting in.

Die groot vet kalant met die mus en blou oorpak kom staan kordaat voor haar, en druk dreigend sy dronk gevreet in haar gesig in. Santie ruk van vrees terwyl sy die simmetriese littekens op sy wange betrag, en dan stadig haar blik op sy wilde, bloedbelope geel oë met hulle donker poele laat rus.

Die gloeiende, demoniese haat wat uit hulle straal, verskrik haar. “Hy ken my van geen kant af nie, hoekom haat hy my so verskriklik?” wonder sy. “Yessss meddem! It’s me, Sifiso!” bulder hy skielik. “You scared, meddem?” “Whats wrong? Eissh don’t worry meddem, Sifiso will protect you. Just give me some money,” sis hy onheilspellend. Die kroeg dawer van die lag, en iemand skree iets in Zoeloe. Santie klem die klein swart handsak stywer onder haar arm vas, en met ‘n bewende onderlip skud sy effens haar kop, duiselig van angs. “Asseblief, los my net uit,” prewel sy rukkerig.

“Haai hai! Djy’s ‘n Boer,” gil hy soos ‘n besetene. Skielik is daar oproer in die kroeg, asof iemand ‘n kodewoord uitgeroep het. Uit die bloute klap hy haar, maar Santie koes en die hou is skrams. Terwyl sy haar balans probeer terugkry, tref ‘n vuishou haar teen die oor en alles word swart. Sekondes later herwin sy haar bewussyn en bevind haarself op die koue, vuil sementvloer. Die gejil en geskreeu word al harder, soos iemand wat ‘n volumeknoppie draai. Santie hoor krete van “dubula iBhunu”. “Shya, shya ibhuru shya!” word ‘n dreunsang wat soos ‘n woedende swerm bye om haar bewussyn wentel.

Sy probeer halfhartig opstaan maar ‘n harde skop in die ribbes ruk haar wind uit en sy val weer, gapend na asem. Soos wildehonde storm die res nader. Een gryp haar handsak, iemand anders ruk haar horlosie af en nog ‘n onsigbare hand klou koorsagtig aan haar goue oorbelle. Haar klere word wreedaardig van haar lyf afgeskeur en sy voel hoe honderde swart hande aan haar ledemate gryp, trek en ruk. Nou reën die houe en skoppe genadeloos neer maar genadiglik ervaar sy geen pyn meer nie. In die half-bewuste, dromerige beswyming voel Santie asof sy begin sweef, sy voel lig en donsig.

Haar lewe vlieg by haar verby en skielik is dit asof sy in ‘n filmteater sit. ‘n Helder lig vul eensklaps die teater en op die silwerdoek verskyn Santie se oorlede oupa. Hy het trane in sy oë en staar lank en intens na haar, terwyl hy peinsend sy wit bokbaardjie streel. Dan praat hy, saggies maar ferm: “Arme kind, wat het jy aangevang? Ek is so verskriklik jammer vir jou. Ek wens jy het vir my geluister, Santiekie-kind.”

Santie voel hoe rou snikke uit haar binneste skeur. Sy is sprakeloos, dan fluister sy: “Hoekom Oupa, hoekom? Ek was goed vir hulle! Ek het kospakkies uitgedeel, my helfte van my sakgeld aan swart liefdadigheid gegee, hulle met deernis en respek behandel – altyd!”

Oupa Hendrik skud stadig sy kop, en na ‘n stilte begin hy praat. “Jy het geen benul watter verterende, ingekankerde haat die swartes vir ons het nie. Asseblief, ek verwyt jou nie. Dis egter nie moontlik vir jou as witmens om dit te besef nie, want jy wat uit ‘n liefdevolle, keurige huis kom, het nie die kapasiteit of raamwerk om dit te integreer nie. Jy is met liefde en deernis grootgemaak, en dit projekteer jy uit op andere, ongeag ras of status. Dis ook nie jou skuld nie. Dis maar net hoe ons nasie is.” Oupa Hendrik bly vir ‘n oomblik stil, dan gaan hy aan.

“Hulle haat ons nie weens apartheid of slawerny nie. Hulle haat ons nie vir die eeue se onregte nie. Hulle haat ons nie weens die alewige politieke opwepery nie. Hulle haat ons vir wat ons is – dat ons blankes is. Ons is ‘n spieëlbeeld vir hulle, en wat hulle in daardie spieël sien, is wat hulle haat. Ons laat hulle sleg lyk, en dis nie doelbewus nie. Elke keer wat hulle na ons kyk, sien hulle hul eie “lelikheid”. Elke keer wat hulle ons aanskou, verag hulle hulself. Dit veroorsaak pyn en afguns vir hulle, en hulle sal enigiets doen om die pyn te keer.”

“Jy sien, soveel as wat hulle ons verafsku, wil hulle bitter graag soos ons wees. Hulle wil ligte velle, blou oë, skerp, reguit neuse en reguit hare hê, en bestee jaarliks ‘n massale fortuin aan kosmetika, haarmiddels en velverbleikers om so te kan lyk. Die skoonheidsideaal van alle nie-blanke rasse is om soos blankes te kan lyk.”

“Vir duisende jare bedryf Indiërs die kastestelsel, wat geheel en al op velkleur geskoei is. Hoe ligter jou vel, hoe meer opreg, verhewe en goddelik is jy. Die Bramaan-kaste het die ligste gelaatskleur. Hulle is ook die priester- en opperklas, dws diegene naaste aan goddelikheid. Hoe donkerder, hoe meer duiwels en veragtelik, soos die ‘onaantasbares’ heel onder aan die ranglys. Alle nasies en rasse het die balans van lig en donker as integrale deel van hul wêreldbeskouing en selfs ook godsddiens aanvaar. Dink aan die Taoïstiese Jin en Jang. Dink aan die Christendom. Algar beskou die lig as die goeie, en die duistere as die slegte. Dit is by ons ingeprogrammeer, in elke denkbare greintjie van ons wese.”

Oupa Hendrik pik ‘n traan uit sy oog en bly vir ‘n oomblik stil. “Selfs ‘n klein babatjie van 4 maande tref onderskeid. ‘n Amerikaanse sielkundige het toetse op babas van alle rasse gedoen – babas wat so klein was dat hulle nog nie kon sit of loop nie. As foto’s van ‘n swart man of vrou aan ‘n baba (ongeag die baba se eie ras) getoon is, het die baba negatief gereageer, weggedeins, selfs gehuil. Foto’s van wit mense het weer ‘n positiewe reaksie uitgelok, babas het geglimlag, gestaar.

“Dieselfde sielkundiges het soortgelyke toetse op kinders tussen die ouderdomme van 4 en 8 gedoen, dié slag met poppe. Presies dieselfde resultate! Swart en wit kinders wou slegs met die wit poppe speel, en wou niks te doen hê met die swart poppe nie! Wat beteken dit, vra jy? Wel, dit bewys dat oordeel en vooroordeel nie aangeleerde gedrag is nie, maar in ons diepste wese skuil. Dit is inherent in die menslike natuur, ongeag ras of etnisiteit.

“Kyk na die psige van die Afrikaan, my kind. As jy ‘n swart mens is en sukkel om kinders te baar, dan maak die toordokter vir jou moeti met iemand se baarmoeder. As jy nie goed kan sien nie, gaan slag die toordokter iemand se oë uit vir moeti. As jy moeti soek vir liefde, is dit iemand se hart, vir geld, is dit iemand se hand, vir wysheid, ‘n brein, vir welsprekendheid, iemand se tong of lippe.

“Vergelyk hierdie psige met die uiters versteurde, boosaardige psige van die reeksmoordenaar wat vroue vermoor het en vir homself ‘n oorpak en kopmaskers van mensvel aanmekaar gestik het. Dit is hoe bitter graag swartes soos ons wil lyk, en ons wil wees, dat hulle by wyse van hierdie afgryslike metafoor tot sulke uiterstes sal gaan.

“Maar dis nie net ‘n gewone jaloesie soos ons blankes dit ervaar nie. Dis ‘n tipe afguns wat as emosie heel onbeskryflik is, ‘n giftige, irrasionele draaikolk van wrewelrige, haatlike nydigheid en naywer.

“Die filosoof Ayn Rand het dit soos volg beskryf:

1)    “Afguns / haat van die “goeie” juis omdat iets of iemand die “goeie” is. Hierdie hartstogtelike haat is nie ‘n tipe wrewel wat hulle voel teenoor ‘n voorgeskrewe siening van dít wat deugliewend is, waarmee hulle nie saamstem nie. Inteendeel, haat teenoor die “goeie”, juis omdat hulle die “goeie” is, beteken haat vir dít wat mens bewustelik of onbewustelik in jou eie waardestelsel beskou en aanvaar as goed en deugdelik. Dit beteken: haat teenoor iemand wat ‘n deugsaamheid of goedheid het waarna jy self smag. (Uit: Return of the Primitive, the anti-industrial revolution)

2)    “Hulle wil nie jou rykdom besit nie, hulle wil hê jy moet dit verloor; hulle wil nie suksesvol wees nie, hulle wil eerder hê dat jy moet faal; hulle wil nie lewe nie maar wil hê jy moet sterf; hulle smag na niks nie, maar haat die feit dat hulle bestaan; hulle swerf eindeloos rond terwyl hulle elk weier om te besef dat die ware bakermat van sy haat, homself is.…Hulle is die essensie van die bose, daardie dooie, anti-lewende gedrogte wat deur ander te verorber en te vernietig, die selflose vakuum in hul eie siele probeer vul.” (Uit: The Age of Envy)

“Dít my kind, is die mentaliteit waarmee jy hier te doene het. Hoe liberaal, of hoe konserwatief, of hoe pro-swart of anti-blank jy ook al mag wees, is nie ter sake nie. Ongeag jou eie houding, ongeag of jy saam of teen hulle staan, hulle sal jou vernietig, uit loutere selfhaat.

“Hulle sal jou beskuldig daarvan dat jy as wit mens “bevoorreg” is. Eienaardig genoeg, voel jy nie bevoorreg nie! Die huis waarin jy woon, die klere wat jy dra, die lewenstyl wat jy handhaaf, is vir jou – as blanke – die norm, nes dit vir blankes regoor die wêreld die norm is. En ek sal jou wed, jy voel seker dat dit “beskeie” is teenoor dít wat jy werklik sal wil hê. Om hierdie basiese norm te handhaaf, werk jy hard. Vergeleke met ‘n stertriem, modderhut, stroois of plakker sinkhuisie is hierdie norm ongetwyfeld meerderwaardig. Maar is dit geregverdig dat jý skuldig moet voel omdat ander nasies laer norme handhaaf?

“Dis hoekom hulle jou plase afneem, jou landerye verniel, jou vee doodmaak en al jou harde werk tot niet maak, ongeag dat dit hulle ook aan die einde sal vernietig. Grondroof en nasionalisering van myne sal in SA dadelik enige oorsese beleggings en internasionale kredietooreenkomste beëindig. Derduisende boere, tegnici en bestuurders sal landuit vlug met hul gesinne, en kapitaal sal uit die land uit stroom. Landbou sal tot ‘n algehele stilstand kom, met rampspoedige gevolge, insluitende hongersnood, Tesame hiermee sal die maatskaplike ontwrigting, onrus en misdaadvlae wat oor die land spoel ‘n ramp veroorsaak wat slegs in volslae volksmoord en burgerorlog sal eindig.

“Dit maak nie saak dat die Marxistiese beleid van nasionalisering – gewettigde diefstal deur ‘n rampokke-staat (of kriminele sindikaat wat staatsmag bekom het -) orals ter wêreld gefaal het nie. Dit maak nie saak dat die uiteinde van SEB in myne soos Aurora en Alexkor ‘n klaaglike mislukking was nie. Die myne is deur Zuma en Mandela se seuns oorgeneem, en dadelik het die nuwe swart base begin om hulle te vernietig.

“Pompe, kabels, toerusting en enigiets wat minimale waarde gehad het, is uit daardie myne gestroop en as skroot vir ‘n appel en ‘n ei verkoop. Derduisende mense het hul werk verloor en vreeslik swaargekry. Hele gesinne het op straat beland. Dan praat ons nie eers van die ekologiese skade wat veroorsaak is nie, Johannesburg se middestad wat deur suurwater oorstroom word.

“As jy dink die algehele vernietiging van die bemagtigingsmyne in ‘n kort periode van vier jaar rampspoedig was, het jy nog niks gesien in vergelyking met wat nou aan die kom is nie. Op ‘n wrang manier is dit miskien nie ‘n slegte ding nie, hoe verskriklik dit ook al mag klink: ‘n burgeroorlog en rassekonflik kan lei tot sesessie van die Kaap of ander provinsies, wat uiteindelik tot ‘n blanke staat / ministaat sal lei.

“Die geskiedenis van Afrika is dat slegs as die absolutele laagtepunt bereik is, sodra alles algeheel en totaal vermorsel is, kan dinge weer opwaarts begin beweeg. Tanzanië, Mosambiek, Zambië en die DRK is sprekende voorbeelde hiervan.

“Deur dít wat jy opgebou het – die myne, die banke, die stede en dorpe – te onteien en vir hulself te neem, deur lughawens, hospitale en strate te hernoem, net om dit alles moedswillig te vernietig, is ‘n groteske parallel met die reeksmoordenaar wat jou gesig- en kopvel afslag sodat hy dit oor sy eie kan trek, net om vir ‘n kort rukkie te kan voel dat hy jou geassimileer het – dat hy uiteindelik jóú identiteit bekom het.

“Die vraag is dus: hoe beveg jy hulle? Met watter wapen kan jy jou teësit? Ayn Rand verskaf weereens die antwoord. Ongewoon vir haar, is die antwoord liefde. Liefde vir jouself, liefde vir jou gesin, vir jou eie Boeremense, vir jou blanke ras. Liefde vir jou roemryke geskiedenis, vir die helde van ons trotse erfenis en die ongelooflike hoogtes waarna ons strewe. Liefde vir jou beskaafde norme en etiek. Wees lief vir jou eie!

“Tel jou ken op, trek jou skouers terug en maak jou rug styf, witman! Jy het alles om op trots te voel, en niks om oor skaam te wees nie. Sodra ons leer om die propagandistiese snert van ons aartsvyande te verwerp, sal ons ons selfrespek herwin, die verraad in eie geledere stop te sit en die selfhatende anti-blanke kanker in sy spore te stuit.”

Daarmee het Oupa Hendrik geknik, die ooglede van Santie se gekneusde lyk sagkens toegedruk en die lig uitgedoof.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s