Tutu se witskuld-oproepe

Saterdag, 13 Augustus 2011 07:43 Dan Roodt

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het weereens ‘n beroep gedoen dat “witmense” ‘n vrywllige welvaartbelasting op hulself plaas om nóg geld aan swartes oor te dra.

Tutu moet liewer ‘n welvaartbelasting op homself en sy Anglikaanse Kerk plaas. Dis hulle wat jare lank sanksies en geweld teen die land aangeblaas het en dus almal armer gemaak het.

Feit is dat die blankes deur die geskiedenis via die sending, die kerke, die staatsbegrotings, liefdadigheidsorganisasies, ens., reusebedrae op swart welvaart en opheffing bestee het. Onlangs is ongekende rykdom aan die elite om politieke redes op ‘n skinkbord oorhandig, rykdom waarvoor hulle nie gewerk het nie en bloot ontvang het omdat hulle swart en met politieke “konneksies” is.

Vermoedelik geskied Tutu se oproepe omdat hy kan sien die witskuld-sindroom werk nie meer so goed om ons Afrikaners te beheer nie. Ons moet eenvoudig nou vir ons eie belang begin werk en dié van ons volk wat ondergang en selfs uitwissing in die gesig staar. Die dag as ons ophou belastings aan dié korrupte regering betaal wat dit in elk geval net uitmors en onderling hul sakke daarmee vul, sal ons ‘n tree nader aan vryheid kom. Op nasionale vlak is dit moeiliker, maar op munisipale vlak doen mense dit reeds, soos op Sannieshof en elders. Kom ons stig ons eie kantons op plaaslike vlak, begin onsself regeer en administreer en beskou die ANC-bewind as ‘n onwelkome besettingsmag wat vroeër of later van ons rug sal moet afkom.

Op 3 September vind ‘n vergadering in die Ou Raadzaal op Kerkplein in Pretoria plaas waar dié gedagte en soortgelyke idees bespreek gaan word. Elke dorp en elke voorstad behoort afgevaardigdes daarheen te stuur sodat ons ons eie plaaslike regering kan begin organiseer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s