Om in ‘n rampokkerstaat te leef

Geskryf deur Johann Wingard

Iemand het nou die dag gesê dat Suid Afrika nie ‘n demokrasie is nie, maar ‘n partystaat. In ‘n demokrasie maak die regering beleid en wette, maar in Suid-Afrika maak Shell House die beleid. Die parlement legitimeer dit slaafs.

Hoe lyk die ANC-party wat die land vandag regeer?

Daar bestaan genoeg getuienis dat die ANC vandag die grootste georganiseerde misdaatsindikaat op aarde is. Vir prima facie-getuienis kan ‘n lys gevalle van korrupsie, bedrog, geldwassery en sameswering tussen die polisie en gewone misdadigers saamgestel word wat slegs enkele minute sal neem. Mens kan dus tot geen ander gevolgtrekking kom as om Suid-Afrika ‘n rampokkerstaat te noem nie. Die tentakels van die ANC-mafia is oop en bloot sigbaar en word deur die landswette ondersteun.

Net om my punt te staaf, haal ek ‘n klompie gevalle aan:

Die wapenskandaal. Waarom was die aankoop van moderne en ontoepaslike wapens so hoog op die regering se prioriteitslys? Was die Shabir Shaik-saak slegs die ore van die seekoei?

Wat het van die Landbank se honderde miljoene geword? 

Geen haan het weer gekraai oor die R11 miljoen wat Petrosa, ‘n staatsonderneming, aan die ANC geskenk het nie.

Veertig parlementslede het reiskoepons ter waarde van R18 miljoen vir hulself toegeëien.

Die Goodwoodse stasiebevelvoerder se skuldigbevinding aan regsverydeling om Toni Yengeni se lêer te “dokter”.

Die onthulling van Jackie Selebi se noue bande met die misdaadsindikaatbaas Glenn Agliotti.

Die opkoms van die reusagtige tenderpreneurskorps, waarvan die ANC se jeugligabaas Julius Malema maar een voorbeeld is. Toe die plaaslike gemeenskap daarteen beswaar gemaak het, was sy antwoord dat die beswaarmakers uit die ANC geskop sal word en van die honger sal omkom, aldus die Forum vir Limpopo Entrepreneurs, Koti Mokoalakoala.

Veiligheidsminister Siyabonga Cwele se vrou Sheryl wat skuldig bevind is aan dwelmsmokkelary na Turkye.

Die bevindings van die openbare beskermer dat Bheki Cele, die land se Polisie-hoof alle reëls en regulasies oortree het met die huurkontrakte vir die polisie se kantoorblokke wat miljarde rande beloop. Die eienaar van die kantoorblokke is “toevallig” ‘n goeie vriend van president Zuma.

Dan praat mens nie eens van die kru misbruik van publieke fondse deur tradisionelesakeminister Sicelo Shiceka met die lewenstyl van ‘n miljardêr, dat hy en sy vrou kronies vir meer as ‘n jaar in ‘n luukse Kaapse hotel gewoon het, en dat hy in eersteklas Switserland toe gevlieg het om sy vriendin te besoek wat verhoorafwagtend was op aanklagte van dwelmsmokkelary nie.

Die verslae van die ouditeurgeneraal is verdoemend oor die toestande van munisipaliteite se finansies as gevolg van die reusesalarisse wat aan onbekwame amptenare betaal word en dat daar nie geld vir dienslewering oorbly nie.

Dan verwys ons nie eens na Chancellor House en dié se tentakels nie.

Nou praat die stomme mense van nasionalisering van die myne en die banke, asook plaasonteiening. Laat ons dit goed verstaan: al hierdie skemas het bloot ten doel om die ekonomie verder te plunder!

Ons sal waarskynlik nog baie langer kon aangaan met hierdie lys, maar daar is reeds voldoende bewyse dat die ANC tot in sy kern verrot is. Hierdie toestand is deur hul beleid van transformasie, kaderontplooiing, swart ekonomiese bemagtiging en tegstellende aksie geskep, wat uitgedinkis om belasting geld “wettig” na ANC-lede te kanaliseer.

Die vryemarkstelsel werk slegs wanneer die reëls van sake-etiek en –moraliteit toegepas word om as wigte en teenwigte vir grypsug te funksioneer. Binne die denkraam van die Afrikamens word hierdie twee begrippe heeltemal anders vertolk en die obsessie om die verlede reg te stel, word as genoegsame morele rede aangebied om massale bedrog te pleeg.

Sonder sake-etiek en -moraliteit word die landsbates, asook die belastinggeld gewetenloos verteer en word die Afrikanerbelastingbetalers leeg gesuig, sonder dat hulle iets daaraan kan doen.

Die vraag kan gevra word of dit redelik is om van Afrikaners te verwag om hierdie situasie langer te verduur?

Nee.

Die tyd het dus nou gekom dat Afrikaners beheer oor hul eie toekoms moet neem, sodat hulle nie saam met die mafiabende ten gronde gaan nie. Die gesprekke rondom strategieë sal versnel moet word en die leierskapsaal dringend na vore moet kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s